'Tydmorsdinge' wat suksesvolle mense vermy
'Tydmorsdinge' wat suksesvolle mense vermy

'Tydmorsdinge' wat suksesvolle mense vermy

Elvira Hattingh
Elkeen van ons het 24 uur per dag, maar hoe ons dit bestee, bepaal hoe suksesvol ons in die lewe is.
Tyd kan belê of vermors word. Golda Meir, bekende voormalige eerste minister van Israel, het eenkeer die stelling gemaak dat die mens die horlosie moet regeer en nie daardeur regeer moet word nie.
Hier is enkele dinge wat jy kan doen en vermy om seker te maak jy gebruik jou dag doeltreffend.

Luister
Luister na mense wie se opinies van joune verskil, of na diegene met nuwe idees of goeie raad, want dit is geleenthede om te leer en seker te maak jy bly op hoogte van nuwe maniere en tendense van hoe om dinge te doen. Dis belangrik om saam met ander te werk en in gesprek te tree, want op die manier gebruik jy jou tyd om nuwe dinge te leer.

Voltooi jou werk
Die maklikste manier om te meet hoe doeltreffend iemand met sy tyd is, is om te meet hoeveel werk hy voltooi het. Goeie werkers is die wat goed daarmee is om hul take af te handel.

Moenie laat werk
Om voortdurende lang ure te werk, verdof jou verstand, doen skade aan jou verhoudings met jou geliefdes by die huis en dien jou kreatiwiteit ’n nekslag toe. Dit is ook ’n teken dat jy nie weet hoe om jou tyd goed te bestuur nie.

Fokus
’n Gebrek aan fokus en prioriteite wat die heeltyd verander, skep onnodige chaos in jou lewe en sal verhinder dat jy sukses behaal.

Swak beplanning
Die bekende gesegde lui: As jy nie beplan nie, beplan jy eintlik om te misluk. Om nie te beplan nie, raak jou produktiwiteit negatief. Bestee vroegtydig genoeg tyd aan beplanning en keer sodoende dat jy later groter aanpassings moet maak. Dieselfde geld vir organisering. In die moderne wêreld is daar geen verskoning vir swak vaardighede in organisering nie.

Tegnologie
Moenie toelaat dat tegnologie jou beheer nie – jy moet die beheer in jou hande neem. Tegnologie moet ’n bate wees, nie ’n afleiding nie.
Oorgretigheid
As jy meer afbyt as wat jy kan kou of verantwoordelikheid vir te veel werk aanvaar, sal jou produktiwiteit verlaag en jy kan fokus verloor.

‘Oop deur’ beleid
Dit is een ding om ’n “oop deur” beleid te hê en iets anders om toe te laat dat mense jou tydig en ontydig pla en jou sodoende van jou fokus beroof. As jy nie self jou tyd respekteer nie, sal ander mense dit ook nie doen nie.

Van uitstel . . .
Suksesvolle mense vermy nie groot kwessies nie, hulle pak die bul by die horings. ’n Pro-aktiewe benadering is meestal beter. Dit beteken dat jy gereed vir moontlike gebeurtenisse is en nie maklik onkant gevang gaan word nie.

Jou 'ja' en ’nee'
Moenie net ja of nee sê omdat dit die maklike ding is om te doen nie – dit is nie goeie leierskap nie. Suksesvolle mense verstaan dat vrae meer as net ’n antwoord benodig – dit benodig die regte antwoord.
Onproduktiewe vergaderings
Moenie tyd mors deur mense wat graag hul eie stemme hoor toe te laat om vir ure lank monoloë in vergaderings te voer nie.

Leergeleenthede
As jy nie voortdurend groei en ontwikkel nie, gebruik jy nie jou tyd doeltreffend genoeg nie. Suksesvolle mense weet waarin en saam met wie hulle hul tyd wil bestee. Bronne: www.n2growth.com/blog

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!