TymeDigital kry banklisensie vir buurland
TymeDigital kry banklisensie vir buurland

TymeDigital kry banklisensie vir buurland

Niel Joubert - Suid-Afrikaners kry eersdaags ’n nuwe bank in die vorm van TymeDigital.

TymeDigital het gister aangekondig dat die Reserwebank ’n bedryfslisensie aan hom toegestaan het – die eerste lisensie aan ’n nuwe bank sedert 1999.

Tyme (“Take Your Money Everywhere”) is ’n Suid-Afrikaanse finansiële-tegnologiemaatskappy waardeur kliënte met hul selfone banktransaksies kan doen.

Hy word egter besit deur die Commonwealth Bank of Australia, wat Tyme in Januarie 2015 gekoop het.

Volgens die maatskappy sal hy toeganklike bankdienste teen mededingende pryse bied deur ’n netwerk van vennote. Hy bedryf reeds Money Transfer in vennootskap met Pick n Pay- en Boxer-winkels. Die maatskappy sê hy het reeds 200 000 kliënte wat dié diens gebruik.

Sandile Shabalala, uitvoerende hoof van TymeDigital, sê die lisensie is ’n belangrike stap vir die maatskappy se planne om ’n “digitale bank bekend te stel wat bankdienste in Suid-Afrika ontwrig”.

African Rainbow Capital (ARC), wat onlangs op die JSE genoteer het, besit 10% van TymeDigital.

ARC is gestig deur onder andere die mynmagnaat en miljardêr Patrice Motsepe.

Die stigterslede sluit ook in Johan van Zyl, voormalige uitvoerende hoof van Sanlam, en Johan van der Merwe, nog ’n bekende van die Sanlam-stal.

Volgens Tyme sal hy teen die middel van 2018 sy eerste bankproduk aan die publiek bekend stel.

Suid-Afrika kan moontlik binnekort boonop nog twee banke bykry. Discovery en die Suid-Afrikaanse Poskantoor het ook reeds voorlopige banklisensies van die Reserwebank ontvang. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!