Ua-Ndjarakana en Swapo se paaie skei
Augetto Graig
Nadat hy 39 jaar lank 'n Swapo-lid was, het die uitvoerende direkteur van inligting en kommunikasietegnologie (ICT), mnr. Mbeuta Ua-Ndjarakana, sy vertrek uit die regerende party aangekondig.
Hy het Donderdag by die Onafhanklikheidsmuseum aan die media gesê sy geduld is op met dié party se traagheid om Duitsland verantwoordbaar vir die 1904-'08-volksmoord te hou.
As 'n afstammeling van die slagoffers van die volksmoord verwerp hy die regering se onderhandeling met die Duitse regering en die daaropvolgende aanbod wat vroeër vanjaar in die parlement ter tafel gelê is.
Hy het gesê Swapo het sedert onafhanklikwording geen stappe gedoen om die benarde situasie van die betrokke gemeenskappe te takel wat ontheem en onteien is van hul voorvaders se grond nie.
“Om belediging by die besering te voeg, is die regverdige versoek vir 'n mosie om Duitse verskoning, reparasie en herstellende geregtigheid deur Swapo ontspoor in 'n eksklusiewe projekooreenkoms om die beursies van gierige politici te vergroot, ten koste van ons. Dis niks anders as om ons bitter geskiedenis op 'n beledigende en onmenslike manier te begrawe nie. Waarom in 'n gesin bly waar jy net gesien en nie gehoor word nie, waar jy bloot 'n handeklapper is? het hy gesê.
Ua-Ndjarakana sê Swapo het nie daarin geslaag om toewyding te toon om die nood van die betrokke gemeenskappe te takel nie en ná meer as 30 jaar kan hy nie meer die verraad verduur nie.
Hy sê die aankondiging is spesifiek by die museum gemaak, omdat dit is waar Duitsland destyds die grootste konsentrasiekamp in Namibië se geskiedenis opgerig het. In dié kamp was lede van die Nama-, Ovabanderu- en Ovaherero-, San- en Aandonga-stamme gevangene gehou terwyl hul uitwissing beplan is.
Ua-Ndjarakana beweer Swapo het geen doelbewuste pogings aangewend om grond aan die geaffekteerde gemeenskappe te verskaf nie.
“Toe ons hierdie kwessies in die hoogste range in die regerende party geopper het, is ons as lawaaierig en mal mense uitgekryt. Diegene van ons wat na die vaderland teruggekeer het, het 'n tweede vlak burgerskap gekry deur óf naturalisasie óf registrasie, maar kinders van medeballinge het burgerskap gekry,” het hy gesê.
“Ek het dus besluit om uit Swapo te bedank en by die tradisionele leiers en ander burgerlike organisasies aan te sluit wat geregtigheid vir die bloed van ons voorvaders najaag,” sê hy en dat die kwessie histories en menslik gemotiveerd is, en nie polities nie.
In sy brief sê hy aan Swapo se sekretaris-generaal, me. Sophia Shaningwa, dat hy steeds die land en die nasie as 'n burger en staatsamptenaar sal dien.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie