Uber, Nasa werk saam aan vlieu00ebnde taxi's
Uber, Nasa werk saam aan vlieu00ebnde taxi's

Uber, Nasa werk saam aan vlieënde taxi's

Uber het 'n ooreenkoms met die Amerikaanse ruimteagentskap, Nasa, gesluit om hom te help om vlieënde taxi's te ontwikkel.

Die taxidiens wil glo teen 2020 'n netwerk van vlieënde taxi's in Dallas in die VSA en Dubai in die Verenigde Arabiese Emirate bied. Los Angeles is die derde stad op sy lys waar hy dié diens beskikbaar wil stel.

Die taxi's sal op aanvraag beskikbaar wees.

Hulle sal vertikaal kan opstyg en land.

Daar is egter baie regulatoriese uitdagings voordat só 'n plan goedgekeur sal word.

Die Federale Lugvaartadministrasie (FAA) in die VSA sal dit moet goedkeur.

Die FAA sal moet uitwerk hoe vlieënde motors saam met vliegtuie, helikopters en hommeltuie in dieselfde lugruim kan beweeg.

Uber sê hy het Dinsdag 'n ooreenkoms met Nasa gesluit om hom met dié uitdagings te help.

Hulle wil spesifiek kyk hoe 'n vlieënde taxidiens veilig en doeltreffend bedryf kan word.

Uber sê hy praat ook reeds met vennote wat in vliegtuie, infrastruktuur en eiendom spesialiseer oor hoe om wat hy noem “skyports” in stede te skep.

As sy planne die lig sien, sal Uber­Air-kliënte met die druk van 'n knoppie 'n taxi bestel en vinnig na hul bestemming vlieg.

“Die ooreenkoms met Nasa maak baie sin om ons te help om hierdie mark so gou as moont­lik te betree,” sê Jeff Holden, produk­bestuurder van Uber.

– Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!