• Tuisblad
  • Sake
  • Uber: Owerhede onbevoeg om permitte uit te reik
Uber: Owerhede onbevoeg om permitte uit te reik
Uber: Owerhede onbevoeg om permitte uit te reik

Uber: Owerhede onbevoeg om permitte uit te reik

Die app-gegronde taxidiens Uber het die ­Suid-Afrikaanse departement van vervoer gevra om die instelling van wysigings aan die Wet op Nasionale Padvervoer op ys te plaas.

Dié wysigings sluit ­digitale taxidienste soos Uber en Taxify in by bestaande wetgewing wat taxidienste reguleer.

Een vereiste is dat bestuurders 'n permit moet bekom om mense te mag vervoer – en dis juis dié ­vereiste waarmee Uber 'n ­probleem het.



VERTRAGINGS

Volgens Uber is plaas­like owerhede onbevoeg om ­permitte in 'n redelike tyd uit te reik, wat reeds tot groot vertragings lei. Enige Uber-bestuurder wat sonder 'n permit betrap word, kan 'n boete van tot R100 000 opgelê word.

In 'n verklaring sê Uber al Suid-­Afrika se ­grootste ­munisipaliteite is ­ondoeltreffend in die uitreiking van ­permitte en dat die agterstand reeds 18 maande beloop.

“Daarom stel Uber voor dat die toepassing van die wysiging, sowel as enige sanksies teen bestuurders, vertraag word totdat hierdie uitdagings ten opsigte van die aansoek om bedryfslisensies en permitte opgelos word.”

Uber-bestuurders in verskeie stede, waaronder Johannesburg en Kaapstad, probeer reeds maande lank aansoek doen om 'n permit, maar sonder sukses.

Drywers kla munisipaliteite sloer doelbewus omdat hulle elke keer R10 000 moet opdok as die verkeerspolisie hulle sonder die nodige permit betrap.

Uber dek tans dié koste namens die bestuurders.

Die taxidiens het meer as 12 000 aktiewe bestuurders in die land waarvan talle die enigste bron van inkomste vir hul gesin is.

“Daarom het die ekonomiese geleentheid wat Uber bied 'n regstreekse uitwerking op duisende mense.”

As die probleme met die uitreik van permitte nie opgelos word nie, kan tot 9 000 bestuurders hul werk verloor, sê die maatskappy. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!