Uber ry al vier jaar rond in Afrika
Uber ry al vier jaar rond in Afrika

Uber ry al vier jaar rond in Afrika

Elvira Wood - Glo dit of nie, die app-gedrewe taxidiens Uber is al vier jaar bedrywig in Afrika.

Die maatskappy sê in ’n verklaring meer as 1,8 miljoen mense oor die vasteland heen het in dié tyd van sy diens gebruik gemaak.

Uber het in September 2013 vir die eerste keer met bedrywighede in Johannesburg begin.

Daar is egter groot rede tot kommer, selfs al word kersies vandag doodgeblaas. Uber ervaar hewige teenkanting van tradisionele taxidienste.

In September is Uber-taxi’s naby die Gautrein-stasie in Sandton aangeval en aan die brand gesteek terwyl ’n bestuurder in Augustus ernstige chemiese brandwonde tydens ’n kaping opgedoen het. Sy het later beswyk.

In Kenia het bestuurders van dié diens volgens berigte in September gestaak omdat hulle te min betaal word.

Dit is ook nie net in Afrika waar Uber die wind van voor kry nie.

Die maatskappy het vroeër dié week gesê hy gaan op 14 Oktober sy dienste in die Kanadese provinsie Quebec staak. Hy het ook sy lisensie verloor om in Londen, Brittanje, bedrywig te wees.

In die geval van Quebec sê hy hy onttrek hom eerder as wat hy aan nuwe beleid gaan voldoen.

Kanadese owerhede sê hulle gaan nie van hul vereiste afsien dat bestuurders opleiding van 35 uur moet ontvang en dat die polisie moet bevestig dat hulle geen misdaadgeskiedenis het nie.

Uber is in Maart 2009 in San Francisco, in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië, deur Travis Kalanick en Garrett Camp gestig. – Netwerk24

Kassie:

Uber in Afrika

Langste Uber-rit was 3 190 km

Meer as 1,8 miljoen mense het die diens al gebruik

Meer as 230 000 ritte al gedoen

Dit neem gemiddeld 3,67 minute vir ’n motor om op te daag

29 000 Uber-bestuurders

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!