Uber-skandale eis hul tol
Die skandale by Uber het dié tegnologiefirma se eerste beleggers op hete kole.
Die waagkapitaalfirma Benchmark het glo probeer om van sy aandele aan die Japanse tegnologiefirma SoftBank en ander te verkoop. Benchmark het onder meer ook in Dropbox, Twitter, Snap en Instagram belê.
Uber, die app-gegronde taxidiens wat ook in Suid-Afrika sake doen, het meer as 500 groot beleggers wat vantevore hard gebie het vir aandele in die private maatskappy. Dit word as ’n slegte teken gesien dat hulle nou, ná die skandale, wil verkoop.
Uber se direksie in San Francisco moet enige private transaksie goedkeur.
Travis Kalanick, omstrede stigter, het onlangs as uitvoerende hoof bedank, maar is nog ’n Uber-direkteur. Kalanick het vantevore die verkoop van aandele teengestaan, hoewel uitsonderings al toegelaat is.
Benchmark het glo ander beleggers ook opgesteek teen Uber, waar grootskeepse seksuele teistering onlangs onthul is. Tientalle senior bestuurslui het bedank.
SoftBank het intussen gesê hy stel nie belang om in Uber te belê nie. Inteendeel, SoftBank het al in verskeie van Uber se mededingers in Indië, Suidoos-Asië en China belê.
Van Uber se beleggers wil hê die maatskappy moet ooreenkomste met van sy mededingers sluit, soos hy ook met Didi Chuxing in China en Yandex in Rusland gedoen het.
Grab, die grootste app-taxidiens in Asië, is besig om tot US$2 miljard van SoftBank, Didi en ander beleggers in te vorder.
Die situasie word verder gekompliseer deurdat een van Uber se groot latere beleggers, die Openbare Beleggingsfonds van Saoedi-Arabië, ook in SoftBank se nuwe tegnologiefonds van US$93 miljard belê het.
In die VSA self word Lyft ’n al hoe groter mededinger vir Uber.
Uber word op US$69 miljard gewaardeer.
Die maatskappy moet nog ’n nuwe uitvoerende hoof, finansiële hoof, bedryfshoof, regsverteenwoordiger en direksievoorsitter aanstel ná die ondersoek oor seksuele teistering en die bedankings wat daarop gevolg het. - Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie