Udo’s Auto Centre stel diens eerste

By Udo Rentel is jou voertuig in goeie hande.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – In vandag se gejaagde wêreld word die betroubare diens en persoonlike aandag wat klante by ’n kleiner familie-onderneming kry, al hoe skaarser.

By Udo’s Auto Centre CC op Lüderitz, werkswinkel van die motorwerktuigkundige Udo Rentel en sy span, is dit deel van die pakket.

Udo het op 1 Junie 2005 sy deure hier op Lüderitz geopen, maar beoefen sy ambag al vir 44 jaar op petrol- sowel as dieselvoertuie.

Die Rentels het voordat hulle Lüderitz toe verhuis het op Grootfontein gewoon.

Udo se vrou, Ansie, is die assistant-bestuurder en sy dogter, Monica Klose, sien om na die bemarking en administrasie van hierdie familie-onderneming.

Udo’s Auto Centre is die geakkrediteerde diensagent vir Auas Motors se Isuzu- en Opel-voertuie, asook vir Ford, GMW en die Spes Bona Motor Company.

Monica sê voordat mynboubedrywighede by Namdeb se Elizabeth Bay-myn afgeskaal is, het Udo’s Auto Centre dié myn se totale vloot gediens.

Udo word in sy werkswinkel deur twee assistant-motorwerktuigkundiges bygestaan. Benewens roetinedienste, doen hulle ook windskermvervangings, 3D-wielsporings, diagnostiese werk en ander meganiese herstelwerk.

“Ons werk ten nouste met toeroperateurs saam en help dikwels toeriste wat gestrand is omdat hul voertuie probleme gee.

“Dit gebeur ook dikwels dat hulle agterna vertel hoe aangenaam verras hulle met die vriendelike en persoonlike diens was wat hulle gekry het,” vertel Monica.

Kontak Udo’s Auto Centre by 063 204 051 of 063 204 052 vir meer inligting.

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!