Uhlenhorst is braai se baas
Die Uhlenhorst Boerevereniging is as die topbraaiers by vanjaar se Windhoek Braaifees aangewys.
Nege boereverenigings het aan die braaikompetisie deelgeneem. Hier is die wenspan Saterdagoggend by hul stalletjie. Vir die Van Niekerks van Uhlenhorst was 2018 'n hartseer jaar omdat hulle moes afskeid neem van 'n geliefde man en pa, Hoekus van Niekerk, wat by 'n menigte vorige braaikompetisies die ander deelnemers op hul neuse laat kyk het. Daarom is vanjaar se braai aan hom opgedra. As wenner moet dié boerevereniging volgende jaar as gasheer van die braaifees optree - 'n jaar waarin groot mylpale gevier word. Dit is nie net die 40ste herdenking van hierdie interboereverenigingkompetisie nie, maar ook Uhlenhorst se 90ste verjaardag. Van links is Hoekus sr. se seun Hoekus jr., sy vrou, Connie, asook Corrine en Waldo van Wyk, sy dogter en skoonseun. Foto Elvira Hattingh

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie