Uhlenhorst vyfde keer braaikampioene
Die vreugdevure het hoog vir die boere gebrand toe mildelike reën albei dae tydens die Windhoek Braaifees uitgesak het.
Francoise Steynberg - Uhlenhorst Boerevereniging (BV) is Saterdagaand by die Windhoek Braaifees vir die vyfde keer as die Namibië Landbou-unie (NLU) Agribraai-kampioene gekroon.
Dié keer het die Van Niekerk-familie - ma Connie en seun Hoekus van Niekerk, en dogter en skoonseun Corinne en Waldo van Wyk, ter ere van hul patriarg en pionierboer van Uhlenhorst, wyle mnr. Hoekus van Niekerk (senior), gebraai. Hy is in Desember oorlede.
Uhlenhorst BV het ook met louere in 1984, 1991, 2013 en 2016 weggestap. Boonop herdenk Uhlenhorst BV volgende sy 90ste bestaansjaar en dit sal die 40ste boerebraaikompetisie in die geskiedenis wees.
Die hoogtepunt van die hoogs suksesvolle Windhoek Braaifees by die Hage Geingob-stadion was toe die sluise van die hemel Vrydag en Saterdag oopgetrek en dit soms sag gereën en toe gesous het.
Dit het nie die plaaslike en bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars soos Bok van Blerk, Robbie Wessels, Die Campbells, Die Broers en Karlien van Jaarsveld, of feesgangers afgeskrik wat vrolik in die reën gedans het nie.
"Ons moet sommer vyf keer 'n jaar die braaikompetisie hou, want elke keer as ons braaikompetisie hou, dan reën dit," het 'n boer geskerts.
Die nege boereverenigings wat sake rondom die kole uitgespook het om die sappigste skaaprib te braai, was Uhlenhorst, Aroab, Kalahari-Oos, Omuramba, Okahandja, Rehoboth, Koës, Steinhausen en Witvlei.
Aroab BV, 2012 se braaikampioene, is as algehele naaswenners aangewys en Omuramba BV was in die derde plek.
UITSLAE
Die uitslae van die boereverenigings is soos volg: Aroab het met die prys weggestap vir die mooiste tafel en beste spangees, terwyl Uhlenhorst die netjiesste kombuis gehad het.
Uhlenhorst het ook die lekkerste voorgereg opgetower, met Aroab in die tweede plek en Okahandja derde.
Aroab het die beste poeding op die tafel gehad, gevolg deur Uhlenhorst en Koës in die derde plek.
Die vleisgereg tel die meeste punte en bepaal wie die algehele wenner is. Skaapribbes is ontbeen, gerol, gevleg, soos 'n staanrib gebraai en selfs in krummels toegedraai, maar Uhlenhorst se rib het koning gekraai. Aroab se skaaprib het tweede gekom en Kalahari-Oos s'n derde.
SOSIALE SPANNE
Altesaam 15 sosiale spanne het deelgeneem met Deck of Cards wat met die wentjek van N$10 000 weggestap het.
In die tweede plek was Zesty Lemons wat N$6 000 gewen het en derde was FNB Namibia met prysgeld van N$4 000.
Die wenners van die sosiale spanne het aangedui dat hulle hul prysgeld ten bate van droogtehulp gaan skenk.
Die sosiale spanne se uitslae is soos volg: Plaaskombuis het die mooiste tafel en beste spangees gehad, terwyl Deck of Cards die netjiesste kombuis gehad het.
King Price spog met die beste voorgereg, met Hochland Trekkers in die tweede plek en SK Insurance derde.
Zesty Lemons het die beste appelpoeding opgedis, met FNB Namibia tweede en SJ Spares in die derde plek.
Deck of Cards het gewen met die beste vleisgereg, gevolg deur FNB Namibia en Voermeester in die derde plek.
Kaiserstraat BV, verlede jaar se braaikampioene, het hulle uitstekend van hul taak gekwyt met die organisasie van die Windhoek Braaifees, en die borge, Tafel Lager, Namib Mills, Namib Poultry en Voermeester, vir hul jare lange ondersteuning bedank.
Volgende jaar gaan 'n groot geskiedkundige feesviering by Uhlenhorst wees, veral met hul boerevereniging se 90ste bestaansjaar en die 40ste braaikompetisie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie