Uil op Otjiwarongo gered
Dit gaan goed met 'n afvlerk reuse-ooruil by die Rare and Endangered Species Trust naby Outjo.
Francoise Steynberg - 'n Gesin van Otjiwarongo het verlede week 'n reuse-ooruil uit sy penarie en pyn gered waar dit nou by die Rare and Endangered Species Trust (Rest) naby Outjo aansterk.
"Ons het die uil Dinsdagoggend in ons erf gekry nadat hy vir so twee of drie dae op ons dak en in die bome gesit het. Die honde het mal gegaan," het me. Helene van den Heever van Otjiwarongo gesê.
"Die uil was vermoedelik deur 'n voertuig gestamp. My ma, Linda van den Heever, het die uil onmiddellik begin dokter en dit kalm gehou."
Donderdagaand het Van den Heever besef die uil het professionele hulp nodig, "want ons is nie kenners nie. Ek het toe hulp op Facebook gevra en almal was oorweldigend behulpsaam. So 10 minute daarna het Marlize (Brickhill) die uil kom haal".
Vrydag het Brickhill die uil na me. Maria Diekmann van Rest geneem.
Volgens Diekmann is die reuse-ooruil die grootste uil in Afrika.
"Ek kon die uil dadelik erken volgens sy grootte en die pienk ooglede," sê Diekmann.
Sy sê die uil se linkervlerk is sleg gebreek en het vir drie dae sonder pynmedikasie of antibiotika oorleef. By Rest is die uil skoongemaak en 'n paar inspuitings gegee. Die uil pronk nou met 'n verband om sy vlerk.
Brickhill sê dit gaan baie goed met die uil: "Hy raak al meer bedrywig en sy veglus is asemrowend."
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie