Uis-aanvaller Charles Namiseb kry 63 jaar
Uis-aanvaller Charles Namiseb kry 63 jaar

Uis-aanvaller Charles Namiseb kry 63 jaar

Ronelle Rademeyer
Die eens voortvlugtende Charles Namiseb, wat saam met ‘n makker tereg gestaan het vir die gewelddadige gewapende rooftog op ’n bejaarde egpaar van Uis op 3 Oktober 2010, is vandag tot 63 jaar tronkstraf gevonnis.
Die 37-jarige Namiseb en sy vriend, Edwin Tourob (34), is in Maart 2016 deur regter Alfred Siboleka in die hoërhof in Windhoek skuldig bevind op twee klagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer, ’n klag van roof met verswarende omstandighede en drie klagte van verkragting.

Tourob is in Mei 2016 tot 53 jaar tronkstraf gevonnis nadat Namiseb op 16 Maart daardie jaar uit die Windhoek-polisiekantoor se aanhoudingselle ontsnap het.

Namiseb is op 7 April 2017 in Suid-Afrika aangekeer en in Julie verlede jaar aan Namibië uitgelewer.

Volgens die getuienis is die 72-jarige man tydens die aanval met 'n graaf oor sy kop geslaan is, die huis ingesleep is en met ’n elektriese koord vasgebind.

Sy 69-jarige vrou is ook aangerand en deur die twee aanvallers vasgemaak. Die vrou is verkrag en het ernstige beserings opgedoen.

Daarná het die twee die egpaar van hul voertuig, twee vuurwapens en juwele ter waarde van sowat N$78 900 beroof.
Siboleka is tot 15 jaar tronkstraf op elk van die drie verkragtingsklagte gevonnis, terwyl hy 12 jaar tronkstraf gekry het vir die roof. Sy straf op die klagte van aanranding is ses jaar elk. Dit sal egter gesamentlik uitgedien word.
Tourob is op die dag van die aanval in hegtenis geneem ná hy gewond is toe die polisie op die gesteelde voertuig geskiet het toe dit deur ’n padblokkade tussen Uis en en Khorixas gejaag het.
Namiseb is drie dae later op Swakopmund in hegtenis geneem.
Die name van die twee slagoffers word weerhou om hulle te beskerm.
Namiseb het aangedui dat hy teen sy vonnis gaan appelleer. – Eie berig en Nampa

Charles Namiseb en sy regsverteenwoordiger, mnr. Jan Wessels, in die hof. Foto Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!