Uis-aanvaller in Mei gevonnis
Uis-aanvaller in Mei gevonnis

Uis-aanvaller in Mei gevonnis

NAMPA
Charles Namiseb, een van die twee mans wat in verband met die gewelddadige gewapende rooftog op ’n bejaarde egpaar van Uis op 3 Oktober 2010 in hegtenis geneem is, sal in Mei in die Windhoekse hoërhof gevonnis word.

Regter Alfred Siboleka het verlede Woensdag in die hoërhof gesê Namiseb sal sy lot op 20 Mei hoor.

Staatsadvokaat Innocentia Nyoni wil hê Namiseb moet ’n lang tronkstraf opgelê word gegewe die erns van die gewelddadige oortredings teen die bejaardes.

Namiseb se regshulpverteenwoordiger, mnr. Jan Wessels, het die hof weer om ’n vonnis gevra wat sy kliënt se kanse op rehabilitasie nie verwoes nie.

Die 37-jarige Namiseb en sy vriend, Edwin Tourob (34), is in Maart 2016 deur regter Siboleka skuldig bevind op twee klagte van poging tot moord, ’n klag van roof met verswarende omstandighede en drie klagte van verkragting.

Tourob is in Mei 2016 tot 53 jaar tronkstraf gevonnis, terwyl Namiseb steeds voortvlugtig was nadat hy op 16 Maart 2016 uit die Windhoek-polisiekantoor se aanhoudingselle ontsnap het.

Namiseb is op 7 April 2017 weer in Suid-Afrika in hegtenis geneem en in Julie verlede jaar aan Namibië uitgelewer.

Bewyse voorgelê tydens die verhoor is dat die 72-jarige man tydens die aanval met 'n graaf oor sy kop geslaan is, die huis ingesleep is en met ’n elektriese koord vasgebind is.

Sy 69-jarige vrou is ook aangerand en deur die twee aanvallers vasgemaak. Die vrou is verkrag en het ernstige beserings opgedoen.

Daarná het die twee die egpaar van hul voertuig, twee vuurwapens en juwele van sowat N$78 900 beroof.

Die name van die twee slagoffers word weerhou om hulle te beskerm.

Tourob is op die dag van die aanval in hegtenis geneem ná hy gewond is toe die polisie op die gesteelde voertuig geskiet het waar dit deur ’n padblokkade tussen Uis en en Khorixas gejaag het.

Namiseb is drie dae later op Swakopmund in hegtenis geneem.

Hy bly in aanhouding in die Windhoekse korrektiewe fasiliteit. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!