Uit dagga kweek hulle miljoene
Elvira Wood – Dagga is nie net nuus in Suid-Afrika nie.
Waar Suid-Afrikaners eers van vandeesweek af dagga wettig tuis mag kweek en rook, verdien mense in ander wêrelddele letterlik miljoene, indien nie miljarde dollars nie, uit dié sektor.
Dagga-maatskappye kan selfs op die Nasdaq in New York in die VSA noteer.
Bloomberg berig dat die enorme groei in maatskappye soos Tilray – wat as ’n “farmaseutiese maatskappy” op die Nasdaq genoteer is – hul aandeelhouers letterlik in miljardêrs verander het.
Omdat dié mark tans net so wisselvallig is soos die mark vir kriptogeldeenhede, waarsku Bloomberg dat fortuine wat in ’n uur gemaak word, net so vinnig verloor kan word.
Tilray se aandeelprys het Woensdag bykans verdubbel nadat hy bekend gemaak het hy beplan groot uitbreidings.
Dit het egter binne ’n uur weer drasties teruggesak.
Sy aandele het egter teen sluitingstyd steeds 40% hoër vir die dag op $214,05 verhandel.
Michael Antonelli, ’n handelaar en besturende direkteur van die welvaartbestuurder Robert W. Baird & Co in Wisconsin in die VSA, sê dit is pret om te sien hoe daar tans in dié aandele verhandel word.
“Wanneer dit by dagga kom, is dit soos die Wilde Weste. Dit is die soort ding waaraan beleggers nie sal raak nie,” waarsku hy.
Desondanks verskaf Bloomberg ’n lys van mense wat reeds miljoene – en in sommige gevalle miljarde – dollars uit dié berugte plantjie gemaak het.
Brendan Kennedy, Michael Blue en Christian Groh
Maatskappy: Tilray
Waarde van belang: $7,2 miljard (ongeveer $2,4 miljard per persoon)
Agtergrond: Kennedy (46) en sy vennote (hul ouderdomme is nie bekend nie) het die maatskappy Privateer Holdings in Mei 2010 gestig. Dié maatskappy het later in die Kanadese Tilray belê.
Kennedy en Blue het albei ’n graad in sake-administrasie van die Yale-Universiteit se sakeskool.
Bruce Linton
Maatskappy: Canopy Growth
Waarde van belang: C$184,9 miljoen (sowat $142,6 miljoen)
Agtergrond: Linton (52) is die uitvoerende hoof van Canopy Growth, een van die wêreld se grootste daggamaatskappye.
Die maatskappy se bedrywighede is in een van die sjokoladevervaardiger Hershey’s se ou fabrieke in Smith Falls, Ontario.
Linton het op ’n plaas in die suide van Ontario grootgeword waar een van sy troeteldiere glo ’n bok was.
Terry Booth
Maatskappy: Aurora Cannabis
Waarde van belang: C$123,3 miljoen (sowat $95,1 miljoen)
Agtergrond: Booth (54) is die uitvoerende hoof van Aurora Cannabis.
Hy het reeds as hoërskoolleerling dagga aan sy maats teen C$25 per sakkie verkoop.
John Cervini
Maatskappy: Aphria
Waarde van belang: C$186,7 miljoen (sowat $144 miljoen)
Agtergrond: Cervini (47) het voordat hy Aphria gestig het, vir sy familie se onderneming wat tamaties en soetrissies gekweek en verkoop het, gewerk.
Hy en sy vriend Cole Cacciavillani het besluit om die daggamark te betree, al het hulle geen kennis gehad hoe om die plant te groei nie.
Aphria is een van die eerste daggamaatskappye wat op ’n aandelebeurs genoteer het. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie