Uitgewers haal Mandela-boek van die rakke
Suid-Afrika
Penguin-uitgewers het Maandag 'n boek oor oudpres. Nelson Mandela van Suid-Afrika van die rakke afgehaal nadat sy weduwee en familie gekla het dat die dokter wat die boek geskryf het, nie toestemming gehad het nie.
Mandela is in 2013 in die ouderdom van 95 jaar ná 'n lang siekbed dood. Die dokter wat hom behandel het, Vejay Ramlakan, beskryf in die boek Mandela's Last Years die laaste tyd van Mandela se lewe. Eye Witness News het berig dat Mandela se weduwee, Graça Machel, met haar regsgeleerders beraadslaag het oor of Ramlakan gedagvaar moet word of nie.
Mandela se kleinseun, Mandla Mandela, steun Machel se regstappe. Die woordvoerder van die Nelson Mandela-stigting, Sello Hatang, sê die boek moes nooit gepubliseer gewees het nie. - Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie