Uitkenning van padslagoffers: Polisie vra hulp

Ongelukke
Henriette Lamprecht
Die Namibiese polisie in die Otjozondjupastreek het die hulp van die publiek gevra in die identifisering van ses mense wat Vrydagnag onherkenbaar verkool het, ná die noodlottige botsing van die minibus waarin hulle ­insittendes was.

Volgens die polisie se woordvoerder vir die streek, insp. Maureen Mbeha, het die proses begin met die vervoer van die ses liggame na Windhoek vir die ­forensiese DNS-identifiseringsproses om te begin.

“Die proses vorder baie stadig, omdat die familielede van die oorledenes nog nie na vore gekom het om ons met die DNS-proses te help nie,” het sy gesê.

Mbeha het 'n beroep gedoen op die publiek wie se familie­lede uit die noorde van die land na die kus gereis het en nie hul bestemmings bereik het nie, om die ­polisiekantoor op Otjiwarongo te kontak.

Die polisie se koördineerder vir misdaadondersoeke in die streek, adj.komm. Naukalemo Andreas, het in 'n onderhoud met Nampa gesê die ongeluk het omstreeks 23:40 sowat 32 kilometer suidwes van Otjiwarongo plaasgevind.

“Die bussie het in die rigting van Otjiwarongo na ­Kalkfeld gereis, terwyl 'n dubbelkajuit­bakkie in die teenoorgestelde rigting beweeg het,” het sy gesê.

Na bewering het die bussie 'n wilde dier gestamp wat veroorsaak het dat die bestuurder beheer verloor en in die regterkantste baan geswaai het waar dit teen die aankomende bakkie gebots het.

Die bus het in vlamme uitgebars en ses insittendes het verkool, terwyl 13 ander, insluitend die 39-jarige busbestuurder, die ongeluk met matige tot ernstige beserings oorleef het.

Die 13 beseerdes van die bussie en die 38-jarige manlike bestuurder van die bakkie wat alleen in die voertuig was, is na die staatshospitaal op Otjiwarongo geneem.

Nege uit die 14 beseerdes is Sondag ontslaan, terwyl drie ­pasiënte steeds in die staats­hospitaal op Otjiwarongo behandel word en nog twee in die ­Katutura-staatshospitaal.

Die polisieondersoek duur voort.– Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!