Uitklopstryd tussen die bestes in die land
Muurbal
Die Coach Sean uitnodigingstoernooi wat môre by die Wanderers-muurbalklub begin, belowe as die eerste van sy soort om 'n unieke skouspel van muurbal in die land te wees.
Die nasionale ranglys is deur die loop van die jaar op datum gehou en die top-8 manspelers is genooi om sake uit te spook.
Prysgeld van altesame N$26 000 staan op die spel, te danke aan borgskappe deur Wanderers-muurbalklub N$12 000), Sanlam Investments (N$3 000), Plant'd Restaurant (N$2 000), PACO Engineering (N$2 000), XTerra 4x4 & Outdoor Fitment Centre (N$1 000) en ander individue.
Om vir uitnodigings te kwalifiseer, moes die spelers vanjaar aan minstens twee toernooie deelneem – 'n bepaling wat byvoorbeeld vir Andrew Forrest uitgeskakel het wat vanjaar met 'n besering gesukkel het.
Die komende skouspel tussen die sterkste spelers in Namibië behoort beslis by te dra om die standaard van muurbal in die land verder op te hef.
Die topgekeurde agt spelers volgens hul plekke op die ranglys is:
1 Kyle Kriel (Wanderers)
2 Devon Savage (SFC, Swakopmund)
3 Max Endjala (Wanderers)
4 Andy Fourie (Wanderers)
5 Michau Basson (Wanderers)
6 Arno Diekmann (Wanderers)
7 Angelo Titus (Buccaneers, Walvisbaai)
8 Steven Berry (Wanderers)
Die bepalings vir môreaand se eerste ronde is:
18:15 Michau Basson tn Andy Fourie (Sanlam Investments-baan)
18:15 Devon Savage tn Arno Diekmann (BDO-baan)
19:15 Kyle Kriel tn Steven Berry (Sanlam Investments-baan)
19:15 Max Endjala tn Angelo Titus (BDO-baan)
Vrydagaand sal die wedstryde om 18:15 hervat.
Spelers wat hul openingswedstryd verloor, sal nie meer in die hoofkompetisie 'n aanspraak hê nie, maar elke speler sal minstens drie wedstryde speel om hul finale posisie op die ranglys te bepaal.
Saterdag is die eerste wedstryd om 10:00, met die eindstryd wat omstreeks twaalfuur verwag word.
Toegang vir die publiek is gratis. Wanderers-muurbalklub nooi almal om die skouspel te kom beleef om Namibië se individuele beste speler te bepaal, wat ook met 'n stewige prysgeld sal wegstap.
Die Coach Sean-toernooi is die breinkind van Wanderers se afrigter van die afgelope vyf jaar, Sean Wathen, wat as hooforganiseerder die topagt spelers in die land uitnooi.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie