Uitlewerings op ys weens virus
Uitlewerings op ys weens virus

Uitlewerings op ys weens virus

Daar is tans agt Namibiërs wat deur Interpol gesoek word.
Denver Kisting
Denver Kisting

Die reisverbod wat deur talle lande, insluitend Namibië, ingestel is om die verspreiding van Covid-19 te probeer teenwerk, het ook ’n negatiewe impak op uitleweringsgedinge.

Hiernaas, sê die plaaslike hoof van Interpol, adj.komm. Immanuel Sam, word uitlewerings eweneens gekortwiek deur “interne prosesse by howe wat bedreig word deur besmetting van personeellede”. Volgens hom lei dit tot vertragings in veral administratiewe prosesse wat met ’n uitleweringsaansoek gepaard gaan.

’n Aantal hofpersoneellede en beskuldigdes het die afgelope weke positief vir die virus getoets, sê mnr. Ockert Jansen, die woordvoerder van die regbank. Dit het meegebring dat die werksaamhede by minstens drie landdroshowe oraloor tydelik opgeskort moes word.

Me. Gladice Pickering, adjunk- uitvoerende direkteur van justisie, het ook bevestig geen uitlewerings het tot dusver tydens die pandemie geskied nie. “Ons het geen uitlewerings gehad tydens Covid-19 nie, maar indien ons sou hê, dan sal die Covid-19-regulasies ook op hulle van toepassing wees – natuurlik met polisiebewaking sover nodig,” het sy gesê.

Sam het Maandagoggend by navraag gesê die afwesigheid van ’n bilaterale ooreenkoms of ’n verdrag tussen twee betrokke lande is die vernaamste uitdaging wat hulle in die gesig staar. Agt Namibiërs op rooilys Sam het voorts gesê die agt Namibiërs wat tans op die internasionale polisieorganisasie se rooilys is, word onder meer gesoek vir moord, ontsnapping uit wettige aanhouding, bedrog en diefstal.

Daar is tans net een Namibiër wat uit naburige Suid-Afrika uitgelewer sal word sodra die grense oop is, sê hy. “Daar is individue van belang, wat vermoedelik in ons buurlande is; sommige is opgespoor en (ons) wag op die afhandeling van die vereiste administratiewe prosesse.”

Een van dié individue van belang, wie se ligging aan die owerhede bekend is, is die oudlanddros, mnr. Rooies Mostert, wat ook ’n bekende in rugbykringe is. Hy word sedert 2018 weens beweerde korrupsie, bedrog, afpersing, poging tot regsverydeling én beweerde oortredings onder die immigrasiewet gesoek. Die aantygings teen hom hou verband met talle skeefgeloopte eiendomstransaksies.

Mostert, wat in Suid-Afrika is, het glo verskeie mense met etlike bedrae geld ingeloop.

Hy het vantevore teenoor Republikein toegegee hy skuld mense geld, maar hy het deurgaans volgehou hy hardloop nie weg van die gereg nie.

Wat gesoekte buitelandse voortvlugtiges betref, dien ’n saak van ’n man tans voor ’n Namibiese hof. “Hy sal aan Botswana uitgelewer word sou hy uitlewerbaar bevind word,” het Sam gister gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 31° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 30° Windhoek: 16° | 29° Gobabis: 20° | 35° Henties Bay: 17° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 18° | 33° Mariental: 20° | 35° Keetmanshoop: 17° | 34° Aranos: 20° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 16° | 34° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 23° Mbabane: 15° | 18° Maseru: 12° | 29° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 20° | 24° Maputo: 19° | 27° Windhoek: 16° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 29° Harare: 18° | 24° #REF! #REF!