Uitreikingsprogram sal landwyd aanklop
Uitreikingsprogram sal landwyd aanklop

Uitreikingsprogram sal landwyd aanklop

Mandy Rittmann
KAPTEIN J C A McNAB, RAADSLID B BUYS EN RAADSLID C PIENAAR SKRYF:

Kaptein J C A McNab en die Kapteinsraad wil van hierdie geleentheid gebruik maak om elke lid en simpatiseerder van die Rehoboth Baster Gemeente (RBG) ’n voorspoedige nuwe jaar toe te wens. Mag 2020 die jaar wees waarin elkeen nuwe hoogtes sal bereik op ons lewenspad.

Kaptein McNab en die raad het tydens hul eerste sitting (beleidsvergadering) van 2020 beplanning van werksaamhede vir die nuwe jaar gedoen. Deur hierdie nuusvrystelling wil Kaptein McNab en Raad die breë Rehoboth Baster Gemeente en simpatiseerders van die korrekte inligting voorsien.

INLIGTINGSVERGADERING EN UITREIKINGSPROGRAM

Dit is alom bekende feit dat die tradisionele gesag van die Rehoboth Baster Gemeente nie erkenning van die Namibiese regering geniet nie en dus ook nie enige befondsing as tradisionele owerheid van die nasionale regering ontvang nie. Dit verteenwoordig 'n ontkenning van hierdie belangrike en gewaarborgde fundamentele reg, wat erkenning binne die Namibiese konstitisionele raamwerk geniet.

Vir die uitleef en beoefening van die Rehoboth Basterkultuur en -tradisies is die kantoor van die Kaptein op eie befondsing aangewese. Alle werksaamhede en projekte wat geloods word, word gedoen na gelang van beskikbaarheid van fondse. Tekorte aan befondsing het veroorsaak dat vergaderings en inligtingsessies agterweë gelaat was.

Toenemende navrae uit verskillende dorpe en nedersettings het Kaptein McNab en die raad ernstig laat besin om uitreikingsprogramme en inligtingsvergaderings te inisieër. Inligtingsvergaderings gaan deur die loop van die jaar op die platteland en ander dorpe gehou word.

Dorpe en nedersettings is geïdentifiseer waar vergaderings belê gaan word, by name:

Groep 1 (Rehoboth-Platteland)

Rietoog, Nabaseb, Klein-Aub, Groendraai, Duineveldt, Kalkrand, Omamas, Schlip en Karanas

Groep 2

Eselmaanhaar, Karib, Oudabeb, Bloukrans, Hamis en Stinkwater

Groep 3 (dorpe)

Windhoek, Okahandja

Groep 4

Walvisbaai, Swakopmund, Hentiesbaai

Groep 5

Rosh Pinah, Lüderitz

Tydens inligtingsvergaderings gaan op die volgende gefokus word:

• Locus standi ("standing" of stand) van die Kapteinskantoor binne die huidige bestel;

• Strukture binne die raamwerk van die tradisionele wetgewing en gesag;

• Regte, voorregte en verantwoordelikhede van alle lede;

• Verduideliking van huidige werksaamhede van die Kapteinskantoor;

• Programme/projekte deur Kapteinskantoor geloods;

• "Burgher erwe” – vordering en deurbrake wat bereik is;

• Huidige en toekomstige verwikkelinge.

Die Kapteinskantoor versoek alle belanghebbendes en simpatiseerders met die Rehoboth-aangeleentheid en persone wie inligtingsvergaderings in hul onderskeie dorpe en nedersettings belê wil hê, om die kantoor by selfoonnommer 081 779 6929 of [email protected] te kontak, of om te dien as kontakpersoon in hul onderskeie dorpe en nedersettings.

Die nodige logistieke reëlings sal getref word en belanghebbendes sal dienooreenkomstig ingelig word van onder andere datums van vergaderings, plekke en tye.

Die Kaptein en raad versoek dat belanghebbendes en simpatiseerders in hul massas hierdie vergaderings moet bywoon.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!