Uitslae van Gevorderde Vlak mu00f4re bekend
Uitslae van Gevorderde Vlak mu00f4re bekend

Uitslae van Gevorderde Vlak môre bekend

Henriette Lamprecht
Die uitslae van die Namibië Senior Sekondêre Sertifikaat Gevorderde Vlak (AS) word môre (2 Februarie) amptelik vrygestel. Volgens die ministerie van onderwys, kuns en kultuur is dit vroeër as beplan om Namibiese kandidate die geleentheid te bied om hul uitslae aan instellings van hoër onderrig voor te lê.

Die uitslae sal beskikbaar wees op die webtuiste van die ministerie, www.moe.gov.na, in die gedrukte media sowel as per SMS. Vir laasgenoemde kan 'n kandidaat sy volle nommer aan 99099 of 55755 stuur. Die uitslae sal ook by streekkantore beskikbaar wees.

Alle kandidate wat verlede jaar se NSSCAS-nasionale eksamens geskryf het, moet hul kandidaatnommers gebruik om toegang tot hul uitslae te verkry. Streekkantore sal die uitslae aan kandidate en ouers verskaf wat die kantoor tydens kantoorure besoek.

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!