Uitslag ná dood wys man was positief
Namibië se nuutste Covid-19-verwante sterfgeval is ook van Walvisbaai.
Henriette Lamprecht
Albei is inwoners van Walvisbaai, mans in hul veertigs wat vooraf met chroniese toestande geleef het en wat eers ná hul dood positief vir Covid-19 getoets is.
Namibië se tweede Covid-19-verwante sterfte is gister in Walvisbaai aangeteken, enkele dae nadat die eerste sterfgeval ook op die hawedorp deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS), dr. Kalumbi Shangula, aangekondig is.
Die nuutste sterfgeval is ’n 44-jarige man van die hawedorp wat op 11 Julie by sy huis aan die siekte dood is. Volgens Shangula was die man ’n diabeet. ’n Ondersoek op 7 Julie by die staatshospitaal op die hawedorp het gewys hy het verhoogde bloedsuiker en hy is gestabiliseer.
Op 10 Julie het hy ’n private dokter besoek, waar hy as buitepasiënt behandel en huis toe gestuur is. Hy is tydens ’n nadoodse ondersoek vir Covid-19 getoets wat ’n positiewe uitslag gelewer het.
Namibië se eerste sterfgeval was ’n 45-jarige man van Walvisbaai wat vroeër met skisofrenie gediagnoseer is. Hy is voor sy dood op 8 Julie in die Walvisbaaise staatshospitaal opgeneem met longontsteking, het tekens van sepsis getoon en nierversaking het begin intree.
Die uitslae van ’n ondersoek het twee dae ná sy dood gewys dit was ’n Covid-19-verwante sterfte.
Volgens Shangula is ’n Covid-19-sterfte enige sterfte in ’n klinies moontlike of bevestigde geval, ongeag ander toestande soos kanker en ander voorafbestaande siektes.
Volgens riglyne van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) tel dit as ’n Covid-19-sterfte tensy daar ’n duidelike alternatiewe doodsoorsaak is wat nie met Covid verband hou nie, bv. trauma. Volgens die WHO moet daar ook geen tydperk van volledige herstel tussen die siekte en die dood wees nie. Die sterfte mag dus nie aan enige ander siekte (bv. kanker) toegeskryf word nie en moet volgens die WHO onafhanklik van voorafbestaande toestande getel word wat vermoedelik die sneller vir ’n ernstige kursus van Covid-19 was.
Sterftes en begrafnisse wat Covid-19-verwant is, word deur die staat hanteer, wat ook psigo-maatskaplike ondersteuning aan die familie van die oorledene moet bied.
Die MoHSS se uitvoerende direkteur, mnr. Ben Nangombe, het vroeër verwys na die wet op openbare en omgewingsgesondheid se regulasies oor hoe om ’n begrafnis van ’n persoon met ’n aansteeklike siekte te hanteer. Vir ’n Covid-19-sterfte geld volgens Nangombe dieselfde reëls as vir ’n persoon wat aan Kongokoors of ebola gesterf het.
Dié reëls sluit in ’n span wat spesiaal opgelei is en beskermende klere dra wat die enigste mense is wat die liggaam en begrafnis mag hanteer. Die oorledene word in ’n spesiale sak en ’n spesifieke afstand van ander mense af begrawe. Die graf is ook dubbel die grootte van ’n normale graf en familielede by die begrafnis word beperk.
Shangula het egter nie gereageer op navrae of spesiale protokol geld tydens ’n nadoodse ondersoek van ’n persoon wat vermoedelik aan Covid-19 gesterf het nie.
Gister is drie nuwe gevalle van die siekte in die land aangemeld, wat die totaal op 864 te staan bring. Al drie gevalle is in Walvisbaai. Twee is mans en een ’n vrou. Die jongste is 21 jaar oud en die oudste is 44.
Volgens Shangula het geval 38 ten volle herstel, wat die totaal nou op 29 te staan bring.
Tot op hede is 15 439 weefselmonsters getoets en 678 is mense tans in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie