‘Uitsluiting beteken konflik’
Pres. Hage Geingob het Saterdagmiddag gesê me. Nora Schimming-Chase sal veral vir haar verenigingsrol onthou word.
Denver Kisting op De Rust, Rehoboth-distrik – Etlike roubeklaers het die Maart-hitte en grondpaaie getrotseer om Saterdagmiddag hulde te bring aan die ontslape diplomatieke reus en politieke vuurvreter me. Nora Schimming-Chase.
Tydens die teraardebestelling op haar familieplaas De Rust, wes van Rehoboth, het president Hage Geingob gesê wat vir hom uitstaan uit alle huldeblyke van die afgelope week is dat Schimming-Chase ‘n kampvegter vir vereniging was.
Daarnaas, het die staatshoof gesê, was sy baie ruimhartig.
“Sy was nie net ‘n ma vir haar eie kinders nie, maar álmal was (by haar) welkom.”
Hy het gemaan dat uitsluiting tot konflik lei terwyl eenheid harmonie teweegbring.
“Sy (Schimming-Chase) het vir ons gesê om hande te vat en in dieselde rigting te beweeg. Sy was ‘n vegter om ons land te bevry. Nora, jou pleidooi vir eenheid sal voortleef.”
Ondanks die spot waaronder sy welvaartsplan se naam, “Harambee” – almal trek saam”, deurloop, het Geingob gesê hy het met opset byvoorbeeld nié ‘n Damara-woord gekies nie, want dié Swahili-woord “behoort aan niemand (in Namibië) nie” en help dus met versoening.
Prof. Peter Katjavivi, die speaker van die Nasionale Vergadering (NV), het op sy beurt gesê: “Nora sal altyd as ‘n dapper patriot onthou word.”
Biskop Ernst //Gamxamub het Schimming-Chase se suster, me. Ottilie Abrahams (80), haar kinders, Esi, Afra en Kweku en kleinkinders, Neo en Malaika, vertroos deur te sê die volgepakte kerk is ‘n teken van die ryk nalatenskap van hul suster, ma en ouma.
“Julle het al die seëninge om julle op jul reis te vergesel en haar lewe te koester.”
Ná afloop van sy preek het hy versoek dat die gemeente “Nkosi Sikelel’ iAfrika” (God seën Afrika) sing.
Regter Dave Smuts onthou vir Schimming-Chase as ‘n baanbreker. “In ‘n tyd toe min vroue leierskapsposisies beklee het, het sy ‘n grondverskuiwende bydrae tot die bevordering van vroueregte en geslagsgelykheid in Namibië gelewer en was só ‘n belangrike en gewaardeerde voorbeeld vir so baie van ons gedurende daardie jare.”
Verskeie hooggeplaastes uit die politieke, diplomatieke, regerings-, sport- en sakewêreld het Saterdag hul laaste eer gaan betoon.
Die eerste dame, me. Monica Geingos, die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, die eertydse sportheld, mnr. Frank Fredericks, die sakemagnaat, mnr. Sydney Martin, die voormalige speaker van die NV, mnr. Theo-Ben Gurirab, die akademikus, prof. Joseph Diescho, en adv. Gerson Hinda was onder meer teenwoordig.
Die 77-jarige Schimming-Chase is verlede week ná ‘n lang siekbed in Windhoek oorlede.
Haar voormalige lewensmaat, dr. William McDonald Chase, het skaars drie maande gelede, op 21 Desember verlede jaar, op die eiland St. Lucia gesterf.
Hulle het mekaar in Duitsland ontmoet en daar getrou waar hul dogters, Esi en Afra, gebore is.
Kweku, die enigste seun, is tydens ‘n latere sending op Dar es Salaam, in Tanzanië, gebore.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie