Uitsoekspan kan nie wag vir Italië
’n Namibiese span is reeds goedgekeur vir die beplande toer aanstaande jaar.
Tielman van Lill
’n Span van 14 Namibiërs beplan om volgende jaar in Italië onder leiding van Esté Swarts aan die Wêrelddans Grand Prix saam met ongeveer 20 lande deel te neem.
Dié internasionale kompetisie was vir Junie 2020 bestem, maar vanweë die wêreldwye Covid-19-pandemie is die elite kampioenskap tot volgende jaar in Florence, Rome en Venesië uitgestel.
Swarts, wat by die Vereniging vir Internasionale Dansonderwysers geregistreer is, sê haar span is nie net reg vir die Italiaanse uitstappie nie, maar is ook besig om vir die Olimpiese Jeugspele oor vier jaar voor te berei.
“Ons het verlede jaar in Suid-Afrika aan die land se provinsiale finale gaan deelneem waar al ons dansers meer as 92 persent gekry het. Ons het klaar die deposito en die vliegtuigkaartjies betaal en moet nog net vir die res van die kompetisie geld insamel.
“Die Namibiese Sportkommissie het ons spankeuse reeds volgens internasionale standaarde goedgekeur. Dansers moet meer as 85 persent behaal om vir Namibië gekies te word. Ons het laasjaar Julie teen Suid-Afrika hier in Windhoek meegeding en ses kinders het gemaklik aan dié vereistes voldoen om hul Namibiese kleure te verdien.
“September 2019 was dit die volwassenes se beurt om te kwalifiseer en agt moontlike kandidate kan intussen reëlings vir Rome begin tref.
“Hopelik kan ons volgende jaar op die vliegtuig klim om Italië toe te gaan. Dit is ’n ongelooflike geleentheid vir die kinders om hul slag teen internasionale teenstand te wys.
“Ongelukkig het die meeste van ons borge weens die uitstel van die kompetisie onttrek, maar BDO, Officeconomix, H2E asook VDB Accounting is nog aan ons sy vir 2021. Ons is opsoek na borge, want dis ’n groot geleentheid vir die dansers om teen ander lande te kan deelneem.
Die juniors wat met in hip-hop-, moderne, musikale teater- en kontemporêre danse sal woeker is Alyna Swarts (8 jaar), Leander Swarts (10), Jessné Swart (12), almal van Windhoek Affies, asook Sebastian Burger (12), Yana Oosthuizen (11) en Carla Celliers (15) van Windhoek Gimnasium.
Die senior span is Marelise Calitz, Nicolette Maré, Laura Obbes, Umé Goldbeck, Denise van Heerden, Corlia Zekveld, Liza de Klerk, Roxy Allies. Hulle ouderdomme wissel tussen 28 en 50 jaar.
Esté is geakkrediteer by die Association of International Dance Teachers. H2E dance Company is al vir sewe jaar besig om kinders en volwassenes vanaf die ouderdom van 3 jaar en ouer in hip-hop, moderne, kontemporêre, jazz- en balletdanse op te lei. Esté kan vir aansoeke vir volgende jaar by 081 641 9731 of by [email protected] gekontak word. Die Facebook-blad is @h2e.dancecompany1.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie