Uitspantyd in die kamp van onrus
Elke jaar dié tyd word in die voorpoorte van ‘n somervakansie gestaan. Dis soos ‘n immergroen verhaal wat met aanpassings oorvertel word of ‘n sepie of fliek wat teen ‘n nuwe agtergrond weer verfilm word. Die karakters en die rolle het verander, maar die temas bly dieselle ou storie. Dis soos ‘n Clint Eastwood-treffer, ‘n nuwe Gone with the Wind, Flights of the Phoenix of Heidi wat weer op die skerms val.
Desember kom, Krismis kom, lank lewe die trekkersbestaan wat steeds die bloedstroom van Afrikane smeer. Dis ‘n terugkeer na hoe dit eens was, ‘n bestaan teenaan die goeie aarde. Die binneland snik in die somerson en ‘n seevakansie wink. Nie ‘n wegbreek na weelderige herberge met lugversorging nie, maar ‘n terugkeer na ‘n tent op die sand. ‘n Jaar lank is daarvoor gewerk. Niemand gaan dit van jou wegneem nie. Selfs die aanloop tot die verhaal bly dieselfde.
‘n Jong man kom van die werkplek oor die werf aangestap. Kortbroek met oliekolle en ‘n T-hempie waaraan verwering kleef. In sy regterhand hang ‘n swaar spanner soos ‘n boodskap van hoop, want die Jeepie moet brandgemaak word vir ‘n vierspoor teen ’n duin se wand of ‘n stormloop op die strand. Lankal was die opnames gemaak van wat die vorige jaar in die kampeervakansie ontbreek het en die regstellings is gemaak. Die kombuistent se houtnok wat ewig val in die suidwestewind is vervang met ‘n ysterpyp en ou windpompstange is in korter lengtes vir tentpenne gesaag en gesweis. Die houtpenne gaan vervang word vir ‘n einde van ‘n wikkelstryd om aan die dieptes van sand te ontkom. Ouma is omgepraat om saam te kom al is dit dalk die laaste keer. Net vir haar gerief is haar commode nagegaan, haar nagstoel sodat sy nie hoef uit te gaan wanneer die nagwinde waai of dalk ‘n tweevoetige of viervoetigte strandwolf dwaal nie.
Plekke is bespreek en op 1 Desember is hulle daar met die oopmaak van die oord. Selfs die spyskaart en bestanddele vir die kits- en krisiskos van die eerste dag was uitgewerk, want dis wanneer die kampie opgeslaan moet word.
Nou die tweede toneel.
By die besprekingskantoor was ‘n lafenis dat daar vanjaar ‘n kampwinkel gaan wees met die rakke wat van die voorraad gaan kreun. Maar daar’s niks. ‘n Geoefende beampte vertel van die swaar tuig wat met al die vrag in ‘n draai van die lang pad omgeslaan het en sy vrag vir ‘n ieder en ‘n elk uitgestrooi het. Die drywer en sy assistent het ontkom, maar die helper het die pad gevat met uitroepe: “Nooit weer ry ek saam met Paulus nie!”
Die bestuurder moes hom onttrek by die aanhoor van ‘n tyding van ‘n sterfgeval op ‘n verre grenspos in die Kalahari. Nou’s daar nie voorraad nie en die koelkaste sweet, want die gaskanne was op daardie rollende wa.
Louis, die man met humor in die geselskap, vra: “Daai lorrie wat gerol het? Was dit op dieselfde plek as verlede jaar?”
Nuwe planne word deur die kampeerders beraam met kitsvriendskap die uur van beproewing. Daar sal beurtelings na een van die vakansiedorpe gery word om ysblokke te haal en sommer ‘n paar vriende se inkope te doen. Net dalk kan daar oor die koms van ‘n smouskar elke derde of vierde dag besin word. Waterkanne sal volgemaak word, want ook die tenkwa moet nog kom. Dis ontbering, maar alles net deel van uitspantyd.
Die modern tye het alles verander, maar selfs vanjaar lyk dit of die tema bly. Die beloofde glans van die oorde lyk bra flou.
Terug by die huis word net ingetrek vir ‘n volgende dag se afpak. As nagereg sal almal daardie aand saam ‘n video kyk.
Die einste Louis van glimlagland het ‘n prent gaan haal.
En staan dit op die omslag: ”Carry on camping.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie