Uitspantyd in ’n vergange geweste van die vrate
Met ’n ligte oostebriesie wat deur die vergeelde kronieke van die geskiedenis blaai, word met Stoffel Rocher oor die vrate van die Etosha gesels. Nie leeus, luiperd, jakkalse en ander gulsiges nie, maar oor manne met ’n eetlus daar in die Namutoni-geweste.
Ek het Stoffel bladgesteek, want op 16 Julie was hy negentig. Sommer ’n netjiese jaarring wat getrek is, want hierdie man was die eerste natuurbewaarder wat in Mei 1957 in ’n ongetemde kontrei op Namutoni diens aanvaar het. Later was sy blyplek Okaukuejo en eers twaalf jaar later in April 1969 is hy terug Windhoek toe. Gebrei deur die velde stap hy nog Swakop se strate plat.
En ons gesels oor waar ons die Woensdagaand sou gaan smul. Wat ons na die manne van Etosha se aptyt en ’n eie belewenis om die vuurkring by die hek na Namutoni bring.
Stoffel vertel van Ben, een van die manne van Etosha wat vir sy eetlus bekend was. Dit was manne wat nog die Sondagmiddag veld toe vertrek het om eers weer Vrydag terug te kom. Ben was een van hulle. Juis sy aptyt het Stoffel doerie jare ’n notatjie laat maak.
Ben se ontbyt het bestaan uit ’n pak ontbytpap en ’n kilogram geblikte perskes. Die vrugte en die pap is in twee eenderse hope verdeel. ’n Blikbord bestaan nie wat groot genoeg is om die volle ontbyt te dra nie. Dan verdwyn eers die een bordporsie en dan die ander. Die brousel word dan met ’n groot beker koffie weggesluk.
Glimlaggend sê Stoffel dit was die aantree, want middagete moes nog kom.
Pottie was een van die veldwagters wat Sondagaande bos toe vertrek het om eers weer die Vrydagmiddag uit te slaan. Vrydag tot Sondag was dit afnaweek. Pottie het vir sy broer gaan kuier en bring toe die rib van ’n jaaroudtollie vir die week se veldvleis saam. Sondagaand was die manne se veldkamp gereed en word besluit om die rib te braai, want dit was warm in Etosha. Dan sou die vleis langer hou. Aan die einde van die ribbraaiery hang daar ’n braaivleisgeur oor die velde en daar word besluit om ’n bietjie te proe. Toe word die ganse rib opgeproe en die vleis met ’n paar bottels bier verseël.
Van koerantkant word ’n storietjie gedeel oor ’n vreetfees by die hek na Namutoni. Dit was die tyd van bek-en-klou-seer en een van die maatreëls wat teen die verspreiding van die siekte ingemoker was, was ’n verbod op die vervoer van vars vleis. Dit was toe ’n verslagtrippie saam met Derick Jacobs, toe ’n verlaggewer en later ’n bekende skrywer, deur die Noorde gery is. Destyds het verslaggewers nog geslaap waar dit sawends vir hulle donker word. Toe word die vleisvoorraad by ’n slagter op Tsumeb aangeskaf. Eers word ’n vleisronde vir die wis gestap en gekoop. Toe ’n tweede ronde vir die onwis.
By die Namutoni-ingang het ’n vriendelike hekman gevra of ons iets het om te verklaar. Asof dit ’n geoefende proses was, was ons twee penneridders amper in ’n spreekkoor. Kameras, tikmasjiene, verkykers, ons klere, tabak en al daai onskuldige goed wat nie die bose pes kon dra nie. Hy vra na eetgoed, ons beken smekend dat daar ’n vleisie as padkos op die Rovertjie is. Onder geen omstandighede mog dit deur nie, sê die man steeds ordentlik. Hy moet dit konfiskeer en vernietig. Dis elfuur op ’n Dinsdagoggend en die pad is stil. Ons vra oor daardie vernietiging en hy sê gewoonlik word sulke goed verbrand. Vuur, kole en ons dink pure rooster en ’n braai der braaie. So ’n uur of twee later en na twee roosters sit ons en die hekman aan.
En al gehoor van die Klippenbergfees?
Jy skryf nie daai nie, sê ’n maatjie wat oor my skouer loer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie