Uitspraak oor LED-ligte
FANIE KRUGER, VERKEERSKONSULTANT (T/A FANA TRAFFIC CONSULT) IN SWAKOPMUND, SKRYF:
In verband met die uitspraak in die hofsaak oor LED-ligte op 12 November 2018 te Walvisbaai. Die weergawe van die uitspraak in die Namibian is nie korrek nie.
Mnr. Eben Platt, jy was nie by die hof nie, en weereens is jou weergawe verkeerd van wat in die hof gebeur het.
Voor die hof begin het, het die landdros, me. Vicky Nicolaidis, aan die beskuldigdes se prokureur genoem dit gaan nie oor die wettigheid of onwettigheid van LED-ligte nie, maar oor die montering van die ligte. Sy het genoem alle nuwe voertuie kom met LED-ligte uit.
Die klagte was onder regulasie 203, gelees saam met regulasies 173-198. Regulasie 175 (1) (a) omskryf 'n persoon mag nie 'n voertuig op 'n openbare pad bestuur nie indien ligte nie ewe ver aan weerskante van die voertuig se middellyn aangebring is nie. In hierdie geval was dit 'n LED-"bar" wat in die middel aangebring was, en die prokureur het 100% daarmee saamgestem.
Omdat dit in die hof dus gegaan het oor die montering van die ligte en nie die vraag of LED-ligte wettig of onwettig is nie, het die beskuldigdes op die klagte oor die montering van die ligte skuldig gepleit. Die landdros het hulle skuldig bevind, versagtende omstandighede toegestaan, die EVS-boete verminder en elk 'n boete van N$800 opgelê.
Daar is reeds ander hofuitsprake, in Windhoek, op Mariental en Otavi, waarin persone onskuldig bevind is op klagte dat LED-ligte onwettig is.
Nie in een van die sake kon bewys word dat daar enige wet, of SANS- of SABS-kodes is, waarin staan dat LED-ligte onwettig is nie.
Ek wil graag die volgende byvoeg in belang van die publiek en alle motoreienaars met LED-ligte op hul voertuie.
LED-ligte is wettig. Alle nuwe motors kom met LED-ligte uit, wat beteken ander sal alle voertuie vervaardig vanaf 2014 van die pad af gehaal moet word. Die verkeersbeamptes ken hulle werk, en weet van beter.
Indien 'n verkeersbeampte jou voertuig van die pad haal vir LED-ligte, doen hy dit teenstrydig met wetgewing, reëls en regulasies. Gaan sien asseblief jou prokureur, maak 'n siviele saak teen die beampte (nie die staat nie) en rapporteer dit ook aan die minister via die Ombudsman.
RTTA & Reg. Reg 9(1)(2) reads:- Suspension or revocation of registration of authorized officer
9(1)The Minister may suspend or revoke the registration of an authorized officer, if the Minister is satisfied that the authorized officer
a) has committed an act of misconduct, as set out in sub regulation (2), in the exercise of his or her powers or the performance of his or her duties; or
b) is incapable of exercising his or her powers or performing his or her duties or is incompetent to exercise his or her powers or to perform his or her duties, as an authorized officer, in the category in which he or she is registered.
(2) An authorized officer commits an act of misconduct if he or she -
a)contravenes a term or a condition of this or her registration as an authorized officer

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie