Uitspraak vandag oor omstrede skietvoorval
Uitspraak vandag oor omstrede skietvoorval

Uitspraak vandag oor omstrede skietvoorval

Augetto Graig
Augetto Graig – Landdros Taboka Mopipi lewer vanoggend om 08:30 in die hof op Kasane in Botswana uitspraak in die geregtelike nadoodse ondersoek na die voorval waarin drie Namibiërs en hul neef, 'n Zambiër, op 5 November 2020 in die loop van die Choberivier deur soldate van die buurland se weermag, die BDF, doodgeskiet is.

Owerhede in Botswana hou voet by stuk die viertal was stropers. Volgens hul familielede was hulle bloot besig om vis te vang.

Die uitspraak word in spanning afgewag deur onder meer die Namibian Lives Matter-protesgroep. Die groep se voorsitter, mnr. Sinvula Mudabeti, het gister gesê hy hoop die BDF word minstens vir manslag aanspreeklik gehou.

“Bewyse voor die hof dui egter daarop dat die Namibiese vissermanne en hul neef aangerand en gemartel is voor hulle koelbloedig vermoor is. Die skietlustige BDF moet van moord aangekla word,” sê Mudabeti.

Volgens mnr. George Nchindo, 'n halfbroer van wyle mnre. Wamunyima, Martin en Tommy Nchindo, worstel die familie steeds met die uitdagings van hul verlies.

Hoewel 16 afhanklike kinders vir wie die slagoffers gesorg het sedert vroeg verlede jaar staatstoelae ontvang, is die N$250 per kind volgens hom nie genoeg om te oorleef nie.

Elf van die kinders, waarvan die jongste twee jaar oud is, sorg volgens Nchindo maar vir hulself.

“As die regering ten minste vir die oudste, Mafwila Nchindo, 'n opgeleide onderwyser, werk kon gee, sou dit klaar baie help,” het hy voorgestel.

Nchindo wou nie voorspellings oor die uitspraak waag nie. "Ons weet die geweer (waarmee die vissermanne glo bewapen was) is nie gevind nie, en ook dat die ivoor waarmee hulle my broers van stropery wou beskuldig dalk geplant is,” het hy wel gesê.

“Ons weet ook nie of Namibië sal appelleer as die landdros teen ons beslis nie,” het Nchindo bygevoeg.

Hy het gister op eie koste na Botswana vertrek. Die Zambezi-streek se goewerneur, mnr. Lawrence Sampofu, het bevestig hy en die streeksraad se voorsitter, mnr. Matengu Simushi, sal ook in die hof wees.
[email protected]

FOTO
Namibian Lives Matter het in November 2020 deur Windhoek se strate gemarsjeer in protes teen die Botswana-weermag se skietery van Namibiese vissermanne. Foto argief

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!