Uitstalling gee ’n stem aan vroulike kunstenaars
Die StArt Art-galery stel op Donderdag 17 Junie ’n aanlyn uitstalling getiteld We know it in our bones bekend.
Dié uitstalling is die eindproduk van die Sister Namibia Artist Activations-projek.
Die projek is in 2020 deur Sister Namibia van stapel gestuur met die doel om visuele kunstenaars, spesifiek vroue, te bemagtig.
Gedurende die loop van 'n jaar het nege kunstenaars die taak gehad om kunswerke in reaksie op konsepte rondom feminisme in Namibië te skep.
Die kunstenaars wat deelgeneem het, is Hildegard Titus, Petrina Mathews, Ndinomholo Ndilula, Bewise Tjonga, Vitjitua Ndjiharine, Mel Mwevi, Michelle Isaak, Namafu Amutse en BIGG CLIT.
Hierdie groep kunstenaars het van ’n wye verskeidenheid media gebruik gemaak om hul werke te skep: Van drukwerk, skilderkuns en gemengde media tot fotografie-, video- en uitvoerende kunswerke. Die inhoud wissel dalk, maar die fokus is feministiese beginsels van gelykheid.
Kreatiewe en skeppende praktisyns was nog altyd deel van die feministiese beweging, wêreldwyd én plaaslik. Hierdie projek bou voort op Sister Namibia se werk om 'n verskeidenheid stemme te versterk, en beklemtoon die rol wat die kunstenaars van Namibië speel in die strewe na geslagsgelykheid.
Die uitstalling open volgende Donderdag om 18:00 en kan via Zoom bygewoon word. Almal is welkom. Die openingsgeleentheid sal bestaan uit 'n virtuele toer van die digitale uitstalling, gevolg deur 'n gesprek met die deelnemende kunstenaars.
Terwyl die uitstalling aanlyn vertoon word, sal baie van die kunswerke fisiek op verskillende plekke in Windhoek beskikbaar wees, onder meer by The Brewer's Market, die Sister Namibia-kantoor en die College of the Arts (Cota).
Vir meer inligting, kontak [email protected] of +264 81 831 6306.
RSVP hiér vir die aanlyn bekendstelling (QR): https://q.my.na/ENBG

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie