Uitstel van grondkonferensie verwelkom
Die burgelike samelewingsorganisasie Nangof se werkgroep oor grondhervorming het die regering se besluit verwelkom om die tweede nasionale grondkonferensie uit te stel.
Volgens ‘n verklaring het Nangof op 7 Julie ‘n brief aan pres. Hage Geingob geskryf en hom gevra om tussenbeide te tree nadat die organisasie nie ‘n afspraak met die minister van grondhervorming kon kry nie.
‘n Tweede brief waarin breedvoerige agtergrond gegee is, is aan die president gestuur en Geingob het in ‘n brief aan Nangof se direksievoorsitter, mnr. Sandi Tjaronda, geantwoord.
Sedert die minister van grondhervorming, mnr. Utoni Nujoma, in Augustus 2016 die tweede nasionale grondkonferensie aangekondig het, het Nangof heelwat voorbereiding gedoen wat beraadslagings in 11 van die 14 streke ingesluit het. Navorsing is gedoen en tematiese dokumentasie is opgestel oor sleutelkwessies oor grond- en landbouhervorming wat by die konferensie ter tafel gelê sou word.
“Ons onderneem om met die regering en ander belanghebbendes saam te werk ten einde ‘n doeltreffende en geslaagde grondkonferensie te verseker. Ons het konkrete voorstelle vir die regering oor die stappe wat nodig is om ‘n uitkoms-gegronde konferensie te verseker,” lui ‘n verklaring deur Nangof.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie