Uitverkoop in Denemarke
Uitverkoop in Denemarke

Uitverkoop in Denemarke

Toppelse het goeie pryse by die pasafgelope veiling in Kopenhagen, Denemarke behaal.
Altesaam 41 809 Swakara-pelse is tydens Kopenhagen Fur se lenteveiling in die Deense hoofstad, Kopenhagen, verkoop. Dit was die somtotaal van die pelse wat daar aangebied is.

Volgens Agra, wat by sy pelssentrum in Windhoek die bemarking van Namibiese en Suid-Afrikaanse produsente se pelse behartig, was die gemiddelde prys by die pels­veiling op 18 Maart N$476,38 per pels.

Dit verteenwoordig 'n daling van 4,1% teenoor die gemiddelde prys wat by die ­September 2017-veiling behaal is toe 39 007 Swakara-pelse onder die hamer gekom het.

Die Maart-aanbod het uit 26 601 swart (63,6%), 10 920 wit (26,12%), 3 513 gespikkelde (8,4%) and 775 diverse (1,8%) pelse bestaan, sê Agra in 'n verklaring.

Die hoogste prys was N$1 980 per pels vir die swart pelse se toplot van 70 en is aan Konstantinou Furs in Griekeland verkoop. Die toplot onder die wit pelse (50 stuks) is aan die Russiese koper, Yury Polyakov, vir N$2 178,22 per pels verkoop.

Kopers uit Engeland het die meeste pelse gekoop, gevolg deur die Griekse kopers en Hongkong in die derde plek.

Die Namibiese produsent Donnie Oberholster van die Karasberge Karakoel Stoet was die topprodusent en het 'n gemiddelde prys van N$879,78 vir sy pelse gekry.

Die topprodusent onder die Suid-Afrikaners is LJ Kotze van Groblershoop wat 'n gemiddelde prys van R588,48 behaal het.

Volgens Agra is die veiling deur 25 suksesvolle biërs bygewoon.

Hurwitz Exports Limited van Engeland het die meeste pelse gekoop – ­altesaam 36 lotte van 9 647 pelse, gevolg deur Bourtsos van Griekeland wat 5 841 Swakara-pelse gekoop het.

“Hoewel daar meer aktiewe kopers was as tydens die vorige veiling in September verlede jaar, het hulle meer selektief gekoop.

Die topgehalte pelse het goeie pryse behaal, terwyl die pryse van laer ­kwaliteit pelse swakker was as wat verwag is,” lui die ­verklaring.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!