Uitvlucht: Nóg ’n rolprent deur Regardt van den Bergh
Die bekroonde filmmaker Regardt van den Bergh se jongste Afrikaanse rolprent, Uitvlucht, se première is op 27 Augustus by die kykNET Silwerskermfees in Kampsbaai en hou groot belofte in.
Uitvlucht is ’n drama en vertel die storie van Anna (Clara Joubert van den Bergh), ’n konserwatiewe middelklasvrou wat weens ’n buite-egtelike verhouding alles verloor. In haar gebrokenheid kry sy werk by ’n plaasskool met die naam Uitvlucht.
Hier maak sy mettertyd sin van wat met haar gebeur het, begin haar eie herstel en leer sy om haarself te vergewe.
Sy begin aanvaar dat iemand haar dalk weer sal liefhê. Met die ondersteuning van die ander onderwysers en Dok, ’n vriendelike boer (vertolk deur Stian Bam), vind sy weer moed.
Behalwe vir haar eie dilemma, moet sy skielik probleme soos ouers se drankmisbruik, kinders wat gemolesteer word en ongenaakbare mense hanteer.
Uitvlucht is ’n storie van hoop in ’n hopelose situasie, genade in desperaatheid en van liefde wat alles oorwin.
Van den Bergh is die beste bekend vir rolprente soos Faith like Potatoes en Klein Karoo.. Die lokprent is reeds vrygestel en kan op YouTube gekyk word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie