Uitwissing van malaria moontlik
Henriette Lamprecht
’n Jaar nadat die Wêreldgesondheidsberaad sy voorneme bekend gemaak het om malaria teen 2030 in ten minste 35 lande uit te wis, wys ’n verslag dié doelwit is haalbaar.
Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se verslag vir Wêreld Malariadag het alle lande in die WHO se Europese streek geen inheemse malariagevalle in 2015 aangeteken. In 1995 is 90 000 gevalle aangeteken. Buite dié streek het agt lande in 2014 geen malariagevalle aangeteken nie. Dit sluit Argentinië, Costa Rica, Irak, Morokko, Paraguay, Sri Lanka en die Verenigde Arabiese Emirate in.
Nog agt lande het minder as 100 inheemse gevalle in 2014 aangeteken, terwyl ’n verdere 12 lande tussen 100 en 1 000 inheemse malariagevalle vir 2014 aangeteken het.
Die Globale Tegniese Strategie vir Malaria 2016 - 2030 wat verlede jaar deur die Wêreldgesondheidsberaad goedgekeur is, vra vir die uitwissing van plaaslike oordrag van malaria in ten minste 10 lande teen 2020. Die WHO beraam 21 lande is in ’n posisie om dié doelwit te verwesenlik en dit sluit die Afrika-streek in waar die las van die siekte die swaarste is.
“Ons verslag laat val die kollig op lande wat goed op dreef is om malaria uit te wis,” het dr. Pedro Alonso, direkteur van die WHO Globale Malariaprogram gesê.
"Die WHO is vol lof vir dié lande, terwyl dit voorts die dringende behoefte uitlig vir groter belegging in gebiede waar hoë koerse van malaria-oordrag en in veral Afrika heers. Om lewens te red moet ons eerste prioriteit wees.”
Sedert 2000 het sterftesyfers as gevolg van malaria wêreldwyd met 60% afgeneem. In die WHO Afrika-streek, het dié sterftesyfers met 66% onder alle ouderdomsgroepe en met 71% onder kinders onder die ouderdom van vyf jaar gedaal.
Die afname is grootliks te wyte aan die gebruik van kernmaatreëls wat wyd oor die afgelope dekade ontplooi is. Dit sluit die spuit van insekdoder binnenshuis, muskietnette wat in insekdoder gedoop is, vinnige diagnostiese toetse, sowel asartemisinin-gebaseerde kombinasieterapieë in.
Die verslag maan egter dat die uitwissing van malaria nie ’n maklike taak is nie. Sowat die helfte van die wêreld se bevolking en wel 3,2 miljard mense, bly ’n risiko om malaria op te doen. Verlede jaar is 214 miljoen nuwe gevalle in 95 lande aangeteken, met meer as 400 000 wat aan die siekte gesterf het.
Volgens die verslag word die doeltreffendheid van metodes wat die vordering teen malaria in die vroeë jare van die huidige eeu verseker het, nou egter bedreig. Muskiete se weerstand groei teen insekdoders wat op muskietnette en binnenshuis gebruik word, so ook parasiete se weerstand teen ’n komponent van een van die kragtigste anti-malaria medisyne. Verdere vooruitgang teen malaria gaan nou moontlik nuwe metodes vereis wat nog nie bestaan nie, terwyl nuwe tegnologieë verder verfyn moet word.
Verlede jaar het die Europese Medisyne-agentskap ’n positiewe wetenskaplike mening oor ’n malaria-entstof uitgereik. Die verslag sê voorts die WHO het in Januarie vanjaar grootskaalse loodsprojekte van die entstof in verskeie Afrika-lande voorgestel wat die weg kan baan vir breër ontplooiing in die komende jare.
“Nuwe tegnologieë moet hand-aan-hand gaan met ’n sterk politieke wil en finansiële ondersteuning,” het dr. Alonso gemaan.
Die verslag beklemtoon sterk leierskap deur regerings van geraakte lande is noodsaaklik.
“Regerings moet die waarneming van gevalle verhoog om enige gapings in dekking te identifiseer. Dit moet voorts bereid wees om tot aksie oor te gaan wanneer inligting ontvang word.”
Om die doelwitte van die Globale Tegniese Strategie te bereik, is ’n skerp toename in globale en plaaslike finansiering nodig en wel vanaf US$2,5 miljard vandag tot ’n beraamde US$8,7 miljard jaarliks teen 2030.
“Deur ’n kragtige finansierings- en politieke wil, kan geraakte lande vooruitgang in die uitwissing van malaria versnel en tot die breër ontwikkelingsagenda soos vervat in die 2030 Agenda vir Volhoubare Ontwikkeling bydra.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie