Unam doen opname oor landbou-byprodukte
Unam doen opname oor landbou-byprodukte

Unam doen opname oor landbou-byprodukte

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Die Universiteit van Namibië (Unam) doen tans ‘n opname om byprodukte van die plaaslike landboubedryf te identifiseer en te kwantifiseer.

Die opname vorm deel van die universiteit se Bos-tot-Voerprojek, ‘n inisiatief wat oor twee jaar strek en deur die Finse Ambassade gefinansier word.

Landbou-industriële byprodukte (AIBP) word vervaardig wanneer landbouproduksie geprosesseer word, wat insluit die maal van graan, die prosessering van vars groente en vrugte, die pers van olie uit sade, asook in brouerye. Dit sluit byvoorbeeld produkte soos maroela-olie, mahangu-meel en –drankies, embee-meel, asook mieliemeel in.

Die byprodukte het die potensiaal om ‘n uitstekende bron van dierekos te wees en word tans nie ten volle benut nie. Die byprodukte kan ook gebruik word vir die produksie van byvoorbeeld sampioene, kunsmis en die opwekking van krag.

Die doel van die opname is om die potensiaal van hierdie produkte beter te benut. Entrepreneurs, boere of kosprodusente wat landboubesighede besit of betrokke in hierdie tipe projekte is, word gevra om aan die opname deel te neem.

Dit bestaan uit ‘n vorm wat binne 10 minute aanlyn ingevul kan word. Besoek www.surveymonkey.com/r/8L3BK5B.

Vir meer inligting, kontak prof. Johnfisher Mupangwa by [email protected] of (061) 206 4061 of me. Magdalena Kamati by [email protected] of 081 812 1004.

Kommentaar

Republikein 2025-01-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 26° Rundu: 19° | 34° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 21° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 22° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 22° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 34° Aranos: 22° | 34° Lüderitz: 16° | 29° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 22° Mbabane: 18° | 28° Maseru: 18° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 19° | 24° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 22° | 32° Cape Town: 19° | 23° Durban: 22° | 28° Johannesburg: 17° | 24° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 25° Harare: 17° | 21° #REF! #REF!