Unam kry uitrusting
Unam kry uitrusting

Unam kry uitrusting

Die bierverspreider AB inBev Namibia het voor die naweek ’n borgskap aan die rugbyklub FNB Universiteit van Namibië oorhandig. Die borgskap behels twee stelle rugbytruie (vir die klub se tweede en derde spanne), gholfhemde (vir al drie spanne), frokkies vir opwarming, sportsakke en waterbottels. Van links staan Camlo Martin, Alec Botha, Rheinhardt Carelse, Johan Diergaardt (afrigter), Marlize Maree (AB inBev), Berry Gande (kaptein van die eerste span), Arnon van Wyk en Clarence Visagie. Unam se eerste en tweede spanne speel komende Saterdag wegwedstryde teen Rehoboth-rugbyklub op Rehoboth Hoërskool se veld. Unam se eerste span is tans tweede op die puntestand van die Namibië Rugby-unie se premierliga, met Trustco United eerste en FNB Wanderers derde. Foto verskaf

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!