Unam op galop teen Falcon
Die studentespan is die voorloper tesame met Trustco United, ná volpunte vir beide spanne op die eerste twee naweke.
Tielman van Lill - Nadat FNB Unam 1 rustyd reeds met 24-0 voorgeloop het, het hy sy Namibië Rugby-unie premierliga-wedstryd Saterdag op sy tuisveld met 78-0 teen die besoekende Reho Falcon 1 gewen.
Falcon, wat in geen stadium enige bedreiging vir die Unam-doellyn ingehou het nie, het aanvanklik moedig probeer wal gooi, maar was selde ’n faktor in die botsing. Die manne van Rehoboth het nie fiks en sterk genoeg gelyk om die aanslag van die gasheerspan te hanteer nie en veral die tweede helfte was pynlik om te aanskou.
Unam het al die fasette oorheers en 12 drieë ingeryg waarvan nege deur sy vlugvoetige heelagter, Lorenso Louis, vir ’n verdere 18 punte oorgeklits is. Louis het self twee keer agter die doellyn gaan kuier en die doelskoppe waargeneem om die buksie se bydrae op ’n stewige 28 te laat staan.
Vir Ronaldo Pedro, hoofafrigter van die eens trotse Falcon, lê ’n lang seisoen van kopkrap en kopseer voor, want met ’n beperkte getal spelers tot sy beskikking, lyk Falcon se diepte ietwat aan die leë kant.
Hopelik kan die oud-Namibiese skrumskakel ’n haas uit die hoed trek om Falcon weer op koers te kry. Dit gaan egter ondersteuning uit verskeie oorde verg, want die klub het vir die tweede naweek op ’n streep sy tweede span uit sy reserweliga-verpligting onttrek.
Die reusagtige punteverskil plaas Unam boaan die punteleer ná die eerste twee naweke, danksy ’n beter punteverskil as Trustco United. Beide hierdie spanne het hul eerste wedstryde met volle bonuspunte gewen deur vier drieë of meer te druk.
Vir Unam het Louis (2), vleuel Sunday Haitembu (1), senters Milaan van Wyk (1) en Clyde Besser (1), vleuel Shareave Titus (2), skrumskakel Jay-C Olivier (1), flank Kami Mieze (1) en die plaasvervanger-agterspelers Paolo Andrews (2) en Buruka Geiseb (1) gaan druk. Doelskoppe: Louis 9.
RUST BLINK IN SY 150STE
Die slot en kaptein Winmar Rust het met 14 skoppunte geslaag toe hy Vrydagaand sy 150ste wedstryd in die trui van Trustco United met ’n indrukwekkende oorwinning kon vier.
Die Filistyne was met 39-7 bo-oor FNB Western Suburbs, met veral die bloues se agttal wat die grondslag gelê het. Die vertoning was egter geensins op tienmanrugby gebou nie, met die United-agterlyn wat ook vol energie was. Die binnesenter Michael Hummel het verskeie kere skade gemaak met sy reguit lopies in die middelveld.
Western Suburbs se strewe om die spel vinniger te maak, het wel tot ’n paar belowende kanse gelei wat egter deur hanteerfoute of goeie verdediging gefnuik is.
’n Lastige windjie het aanvanklik die stelskoppers aan beide kante uitoorlê, voordat ’n breekslag deur die United-flank Dean Blom die grondwerk gedoen het vir ’n lang aangee na regs wat die vleuel Stefan Louw se drie in die hoek moontlik gemaak het.
Die doelskop was mis, maar Louw was ook die volgende driedrukker toe sy losskakel Hanreco van Zyol die bal op die voorvoet gekry het ná ’n Hummel-breekslag en ’n goed beoordeelde rolskop vir sy regtervleuel kon deurstuur. Hierdie keer het Rust oorgeskop.
Danksy twee Rust-strafdoele was United rustyd met 15-0 voor en kort daarna met 18-0.
Die selfvertroue en vleoeiendheid van United se aanvalle het in die tweede helfte ook drieë vir die veteraan-agtsteman Shaun van Rooi en twee drieë vir die wakker skrumskakel Herman Stroh geskep, wat danksy Rust se doelskoppe hul teling tot 39 opgejaag het.
Tussendeur het Suburbs sy voete gevind vir sy enigste beloning vir die aand. Ná ’n goeie lopie deur regtervleuel Dumarcho Hartung het hy sy aangee na die stut Andreas Shikoneni weggekry vir die drie wat deur Justin Nel verdoel is.
Ondanks die verlies van ’n paar staatmakers agterlangs en onder die nuwe afrigterskap van Robbie Dickson, kan opponente maar kennis neem dat dit voortydig is om United se grafskrif vir 2019 te skryf.
WANDERERS WEN Ná GESUKKEL
Die heersende titelhouer, FNB Wanderers, het sy eerste vier punte ná sy loslootjie op die openingsnaweek behaal met ’n tuissege teen Kudus van Walvisbaai.
Die oorwinning met 19-12 het egter net drie drieë deur die Wit Hingste bevat, wat ondanks die hoë verwagtinge wat deur talle nuwe aansluitings geskep is, nie die bonuspunt kon bewerkstellig nie.
Dit was allesbehalwe ’n vloeiende vertoning deur afrigter Vince Dreyer se manne, maar daar was genoeg om te wys dat hulle namate die seisoen vorder al hoe beter behoort te kombineer, soos in hul triomf van 2018 gebeur het.
Kudus, onder afrigterskap van Collin Stevens, verdien ook lof vir ’n hardnekkige vertoning in ’n wegwedstryd. Die Walvisbaaiers het die tuisspan nooit ’n behoorlike voorsprong toegelaat nie en kon selfs in die laaste minute ’n drie gedruk het om met ’n gelykopteling weg te kom.
Kudus het halfpad deur die tweede helfte sy vleuel Vernon McKay met ’n geel kaart afgestaan ná sy hoogvat op Wanderers se losskakel. Dieselfde McKay het in die doodsnikke ’n tweede geel kaart en dus ’n rooi prysgegee toe skeidsregter Stephan Kellerman vanweë sy boorvat op die stut Petri Burger moes optree.
Wanderers was met 5-0 voor danksy vleuel Tuna Amutenya se eerste drie, maar Kudus het teruggekom en ’n voorspeler-drie gaan druk. Ulriato Lawrence se doelskop het die kusspan met 7-5 laat voorloop.
Die Wit Hingste, op die aanval danksy losskakel MP Pretorius se lang lynskoppe, het met ’n gooi op Christo van der Merwe ’n lynstaan gewen waarna die slot Stef Botha klein kant om gebreek het om in die hoek te gaan druk. Brandon Groenewald (senter) se skop was oor.
’n Laat duikvat het vir Van der Merwe weerskante van rustyd tien minute in die koelkas gekos.
Kort ná rustyd het Kudus die telling gelykop gemaak met ’n goeie aftrap-drie deur sy immer gevaarlike heelagter Lloyd Jacobs, wat deur Lawrence verdoel is.
Stef Botha se tweede drie ná goeie samespel, verdoel deur Pretorius, was uiteindelik Wanderers se wenpunte, hoewel hulle tog spyt sou wees dat die drieëbonuspunt hulle ontglip het.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie