Unam sê nee vir graad 11’s
Die Universiteit van Namibië het ’n resolusie in dié verband aanvaar.
Augetto Graig – De uitslae vir kandidate vir die graad 11 Namibiese Senior Sekondêre Sertifikaat vir Gewone Vlak (NSSCO) van die nuwe leerplan word volgende week uiteindelik bekend gemaak, maar ’n deur het vir dié kandidate toegeklap met die Universiteit van Namibië (Unam) wat bevestig het hy sal geen graad 11-leerlinge vanjaar vir verdere studies toelaat nie.
Volgens Unam se waarnemende direkteur van kommunikasie en bemarking, mnr. John Haufiku, volg die besluit ná ’n resolusie wat deur die universiteit se registrateur aanvaar is.
“Unam se standpunt is dat ons nie enige graad 11-leerlinge hierdie jaar aanvaar nie,” het hy gesê. Volgens Haufiku is hy bewus daarvan dat daar verlede jaar gesprekke hieroor met die ministerie van hoër onderwys, tegnologie en vernuwing was.
“Ek ken nie die besonderhede van dié gesprekke nie, maar ons huidige resolusie is dat ons geen graad 11’s aanvaar nie.”
Die graad 11-uitslae word saam met dié van graad 12 se Gewone en Hoër Vlak aanstaande week uitgereik.
Intussen steun Unam al hoe meer op aanlyn onderrig, met die registrasieproses wat vanjaar vir die eerste keer heeltemal aanlyn gedoen word. Studente het verlede jaar aanlyn lesings bygewoon en eksamens geskryf.
Haufiku sê Covid-19 het druk op tersiêre instellings geplaas om vanaf tradisionele kontakonderrig na aanlyn onderrig oor te skakel.
“Die universiteit het reeds voor Covid-19 van sy dienste aanlyn geïmplementeer. Die aanpassing vir beide studente en dosente was moeilik en stadig.
“Die meerderheid van ons studente, ongeveer 27 000, het verlede jaar hul eksamen aanlyn geskryf. Net ’n klein aantal studente, sowat 3 000, het fisiek eksamen kom skryf,” sê hy.
Volgens Haufiku is 99% van verlede jaar se eindeksamenuitslae reeds opgeteken. Alle uitslae sou 15 Desember voltooi wees, maar die sperdatum is tot 18 Januarie 2021 verleng.
FOUTE REGGESTEL
Haufiku het ook erken sommige studente is verkeerdelik as afwesig gemerk, ten spyte daarvan dat hulle wel eksamen geskryf het.
“Dit was teen die sperdatum van 18 Januarie reggestel, maar dit het beteken die finalisering van die finale uitslae is vir verskeie redes vertraag,” sê hy.
“Alle uitslae is teen 18 Januarie voltooi en studente wat nie daarsonder by die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) vir studiehulp kon registreer nie, kan dit nou doen,” sê hy.
“Die akademiese jaar van 2020 was ’n leerskool, met die tweede semester se aanlyn eksamen wat min terugslae ondervind het in vergelyking met die eerste semester,” sê hy.
Haufiku het erken die kontaknommers en e-posaddresse waar studente probleme moet aanmeld, word oorval.
“’n Virtuele inbelsentrum is gestig waar studente effektief en binne ’n redelike tyd geantwoord word,” sê hy. [email protected]
Só WERK UITSLAE SE BEKENDMAKING
Volgende Vrydag is dit sulke tyd vir graad 11's en 12's. Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur het aangekondig die graad 11- (nuwe leerplan se gewone vlak) en graad 12- (ou leerplan se hoër vlak én gewone vlak) eksamenuitslae word volgende Vrydag bekend gemaak.
Dit sal net ná middernag dié oggend bekend wees, het die uitvoerende direkteur, me. Sanet Steenkamp, bevestig.
Namibia Media Holdings (NMH) sal die uitslae op al sy platforms beskikbaar stel – elektronies sowel as in gedrukte vorm.
In die gedrukte weergawe wat Vrydag beskikbaar sal wees, sal kandidate se eksamennommers en -resultate onder die skool waar die leerlinge ingeskryf was, gelys wees. Geen name word gepubliseer nie – selfs ook nie aanlyn nie.
Op die dag van die uitslae kan kandidate ook hul eksamennommer na 99099 SMS om sy of haar uitslae te ontvang.
Volg ons op ons sosialemediaplatforms vir meer inligting. Graad 11's en 12's kan ook met ons by q.my.na/results gesels as hulle meer inligting wil hê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie