Unam-studente skenk sanitu00eare doekies
Unam-studente skenk sanitu00eare doekies

Unam-studente skenk sanitêre doekies

Die Universiteit van Namibië (Unam) se bedryfsielkundeklas van 2018 het, as deel van 'n praktiese projek, meer as 2 000 pakkies sanitêre doekies ingesamel om aan landelike meisies in die Noorde te skenk. Dr. Wilfred April, van Maltas-klub Namibië, het die studente opdrag gegee om hul teoretiese vaardighede in die praktyk toe te pas as deel van hul korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid. Die studente het persoonlike boodskappe in die geskenkpakkies ingesluit, wat in Oktober aan meisies in die Oshana-, Oshikoto- en Omusatistreek uitgedeel sal word. Saam met die studente op die foto is Unam se visekanselier vir akademiese aangeleenthede, prof. Frednand Gideon (middel). Foto verskaf

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer