Unam-studente skenk sanitu00eare doekies
Unam-studente skenk sanitu00eare doekies

Unam-studente skenk sanitêre doekies

Francoise Steynberg
Die Universiteit van Namibië (Unam) se bedryfsielkundeklas van 2018 het, as deel van 'n praktiese projek, meer as 2 000 pakkies sanitêre doekies ingesamel om aan landelike meisies in die Noorde te skenk. Dr. Wilfred April, van ­Maltas-klub Namibië, het die studente opdrag gegee om hul teoretiese vaardighede in die praktyk toe te pas as deel van hul ­korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid. Die studente het persoonlike boodskappe in die geskenkpakkies ingesluit, wat in Oktober aan meisies in die Oshana-, Oshikoto- en Omusatistreek uitgedeel sal word. Saam met die ­studente op die foto is Unam se visekanselier vir akademiese aangeleenthede, prof. Frednand Gideon (middel). Foto verskaf

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer