Unam vereer rugby presteerders
DIE rugbyklub Big Daddy Unam het sy presteerders van 2008 by sy jaarlikse prysuitdeling vereer. Unam het ’n gemiddelde seisoen agter die rug, maar die klub kan met ’n paar oorwinnings teen van 2008 se top Premierliga-spanne spog.
Die studente het vir Reho Falcon met 55-20 geklop. Vir die eerste keer in die klub se geskiedenis het hy ook vir Wanderers in ’n Premierliga- ontmoeting geklop. Die klub het ook vanjaar ’n sukkelende United verslaan, maar moes die knie teen Jaguars en Kudus van Walvisbaai buig. David Philander is as speler van die jaar aangewys.
Die klub is baie trots op Dwayne Henckert, Mbimbo Mbai, Renoute van Neel, Carlo Campbell, Chris Claasen, David Philander en John Drotsky wat vanjaar nasionale spanne verteenwoordig het. Naas Diergaardt, Gilo Plaatje, Koenie Plaatje, Len Olivier, Ingemar Christ, Elton Fourie, Carlo Campbell, John Boois, Bradley Izaks en Marc Richards is ook met trofees beloon, aangesien die spelers vir tien jaar of langer reeds vir die klub rugby speel. Die rugbyklub het sy hoofborg, Big Daddy, asook die universiteit bedank vir hul jaarlikse bydraes. Die klub sien uit daarna om volgende seisoen nuwe hoogtes te bereik.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie