Unam weeg sy talent teen United
Die finaliste van 2019 takel mekaar in ’n opwindende vooruitsig.
Andrew Poolman – FNB Universiteit van Namibië skop sy aanslag op nog ’n suksesvolle seisoen in die NRU premierliga môre af in ’n herontmoeting met Trustco United, wat hom in die laaste eindstryd in 2019 naelskraap geklop het.
Hoofafrigter Johan Diergaardt hervat sy werkverhouding met die studentespan, wat met opeenvolgende titels in 2015, 2016 en 2017 weggespring het, gevolg deur nederlae in die 2018-semifinaal teen FNB Wanderers en die 2019-eindstryd teen United.
Met ’n talentvolle jong groep tot sy beskikking, is Diergaardt terug in die saal om voort te bou op die klub se gevestigde kultuur van aanvallende rugby wat die wêreld vir geen opponent maklik maak nie.
Vir sy terugkeer ná die 2020-seisoen waarin hy Namibië se afrigter sou wees, maar waarin geen wedstryde gespeel is nie, het hy boonop vir Chrysander Botha en David Philander as sy hulpafrigters saamgebring.
Die 22-jarige Namibiese flank Prince !Gaoseb is as kaptein van Unam se gedugte kombinasie vir die stryd teen United aangewys.
Diepte in sy spelersgroep is opnuut ’n opvallende sterk punt, met die tweede span wat name soos Shareave Titus, Aston Mukwiilongo, Aiden Louw, Roaldo Rittmann, Emamdien Mogamat en Aleck Botha insluit.
Boonop sal Unam later kan reken op die terugkeer van Bradley Klazen, sy wenkaptein in 2016 en 2017, Cameron Klaasen, JC Winkler en die 2019 WB-span se vleuel Chad Plato, wat almal tans met ligte kwale sit.
United en Unam maak beide hul toetrede tot die nuwe seisoen, nadat hulle laas naweek met ’n afnaweek geloot was. Die feit dat die huidige premierliga net as ’n enkelrondte beslis word, plaas selfs nog ’n tikkie groter belangrikheid aan elke uitslag vir enige span met hoë aspirasies.
REHOBOTH STAAN OP
FNB Rehoboth-rugbyklub wag vir FNB Wanderers in, vol selfvertroue ná die Rooi Bulle se bonuspuntsege teen FNB Kudus hulle die voorsprong ná naweek 1 besorg het.
Rehoboth se afrigter Johann Wohler sê: “Ons nederlaag kort tevore teen FNB Western Suburbs was net ’n oefengeleentheid en ek het die spelers vrye teuels gegee. Kudus was ons eerste ligawedstryd en ons was veel meer gedissiplineerd. Ons het nie in ons eie gebied rondgespeel nie, ons was vinniger op die losballe en het die spel meer doeltreffend vinnig gemaak.
“Kudus was nie voorbereid op ons aanslag nie. Ons het hul agterlyn se opsies beperk, terwyl ons die spasie gemanipuleer en daar aangeval het eerder as om met hulle groot en swaar voorspelers koppe te stamp. Kudus het ’n sterk span en gaan nog dié seisoen groot spanne laat val.”
Wanderers het wel laas Saterdag teen Suburbs gewen, maar is ooglopend nog nie topfiks nie en het ook die kans op ’n bonuspunt laat glip.
• FNB Reho Falcon het ook die tuisvoordeel vir die reisende FNB Grootfontein, wat sy toetrede tot die NRU premierliga met groot selfvertroue maak.
Die Grootfonteiners het reeds twee opwarmwedstryde teen United gespeel en het in Windhoek met 19-12 verloor, maar ’n week later in die noorde het hulle met 19-17 gewen.
Die noordespan beskik oor bewese talent voor én agter en is gewis oorgehaal om met konstruktiewe spel vuis te wys met voorspelers soos Wikus Jacobs, Pieter-Daan Kok en Johan Luttig.
• Die beskikbare spanlyste:
FNB Unam I: 15 Lorenzo Louis, 14 Oderich Mouton, 13 Alcino Isaacs, 12 Camlo Martin, 11 Sunday Haitembu, 10 Delron Brandt, 9 Aljarreau Zaahl, 8 Prince !Gaoseb (kapt), 7 Peter Diergaardt, 6 Cameron Langenhoven, 5 Berry Gande, 4 Max Katjijeko, 3 Simon Kanime, 2 Bigman Kaura, 1 Desiderius Sethie.
Reserwes: Shaun van Wyk, Hilwen Fourie, Kami Mieze, Simon Haitembu, Gilad Plaatjies, Darryl Wellman, Johannes Mwenyo.
FNB Rehoboth I: 15 Xauvier van Wyk, 14 Jaden Bussel, 13 Hillian Beukes, 12 Diego Loubser, 11 Brandon Dentlinger, 10 Henrique Olivier, 9 Ascher Coetzee, 8 Cameron McNab, 7 Boris Majiedt, 6 Francois Visagie, 5 Dylan Farmer, 4 Conwill Draghoender, 3 Delano Coetzee, 2 Jeandre Cloete, 1 Kevin Cloete.
Reserwes: Udo Mall, Ludgerro Hochtritt, Romario Janga, Titus Mathias, Samile Loubser, Shaun Mouton, Paulus Hangula.
FNB Reho Falcon: 15 Wayrich Hansen, 14 Ronaldo de Klerk, 13 Franklin Karugub, 12 Anthony Brandt, 11 David Farmer, 10 Franklin Busch, 9 Miquel Busch, 8 Corbin Benade, 7 John van Wyk (kapt), 6 Karools Londt, 5 Lawrence Mouton, 4 Denilo Feris, 3 Etienne Koopmann, 2 Ruchan Visagie, 1 Vincazo Botes. Reserwes: Malachi van Wyk, Darren Wollmer, Daymen Bezuidenhout, Lariano van Wyk, Bayren Bayer, Johnry Beukes, Jason Beukes.
FNB Grootfontein I: 15 Ronnie Deck, 14 Luis Talaya, 13 Buruxa Geiseb, 12 Braam Alberts, 11 Ian Malan, 10 Louis Grobbelaar, 9 Christopher Deck, 8 Amutenya Amutenya, 7 Lodewikus Jacobs (kapt), 6 Pieter-Daan Kok, 5 Maerera Kaapama, 4 Johan Luttig, 3 Pieter du Plessis, 2 Kazepurua Maurihungirire, 1 Theo Bekker. Reserwes: Ben Brockman, Hans Nghosi, Morne Malan, Dirk Smit, Cobus Enslin, Jan-Harm Cronje, Siegfried Potgieter.
• Wanderers en United se spanlyste was teen druktyd nie beskikbaar nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie