Unam werp lig op kragonderbreking

’n Plaaslike tersiêre instelling het gister aangevoer die Windhoek-munisipaliteit het ’n fout begaan deur sy krag te sny.
Denver Kisting
Denver Kisting – Die Universiteit van Namibië (Unam) het gister by monde van sy woordvoerder, mnr. Johannes Haufiku, ontken die instelling se kragtoevoer is weens wanbetaling opgeskort.

Trouens, sê Haufiku, Unam is een van die Windhoekse stadsraad (CoW) se grootste kliënte.

Derhalwe, sê hy, het die universiteit en die munisipaliteit ’n reëling waarvolgens Unam sy water- en kragrekening vereffen.

“Dit is onwaar dat die krag weens wanbetaling gesny is,” sê hy

Die woordvoerder skryf Woensdag se kragonderbreking toe aan ’n fout aan die kant van die munisipaliteit.

“Dit is vinnig reggestel deur die toevoer dieselfde agtermiddag te herstel. Jy mag dit met hulle bevestig,” het hy by navraag gesê.

Me. Lydia Amutenya, CoW se woordvoerder, het gistermiddag onderneem om op navrae te reageer.

Unam se visekanselier, prof. Kenneth Matengu, het gister vir die koerant ’n foto van ’n brandende gloeilamp gestuur om die bewerings te weerlê dat die instelling in duisternis gehul is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!