Unicef: Kinders se lewe het nie verbeter
Namibië is een van baie Afrikalande waar kinders se lewens ten spyte van ekonomiese groei nie verbeter het nie. Dit volgens Unicef se verteenwoordiger in Namibië, me. Rachel Odede. Die redes hiervoor sluit onder meer periodieke natuurlike rampe, konflik, gebrekkige begrotings en die voortgesette impak van die MIV-pandemie in.
“Ons is bewus daarvan dat ons kinders ’n klomp struikelblokke in die gesig staar en wat insluit armoede en geweld by die huis wat baie families en gemeenskapstrukture onder druk plaas,” het Odede gesê. Volgens haar word dit deur ongelykhede vererger.
“Dit is ’n algemene werklikheid dat ’n kind se kanse vir oorlewing en ontwikkeling baie afhanklik is van waar en in watter familie die kind gebore is, stedelik of landelik, arm of ryk gesin, van ’n gemarginaliseerde of benadeelde etniese groep en of dit ’n meisie of ’n seun is,” het sy verduidelik.
Die Spreker van die Nasionale Vergadering, mnr. Peter Katjavivi, het erken hoewel vooruitgang gemaak is in die bemagtiging van kinders en jong mense in Namibië, is daar steeds baie wat gedoen moet word.
“Dit is noodsaaklik dat wetgewing binne die regsraamwerk spesiale voorsiening vir die mees weerlose groepe in ons samelewing maak,” het hy gesê. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie