Unie vra vir vier kwartale
Unie vra vir vier kwartale

Unie vra vir vier kwartale

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



Die Namibiese Onderwysersunie (TUN) het die minister van onderwys, kuns en kultuur se voorstel dat skole in die winter eers om 08:00 begin as 'n “belaglike oplossing” afgemaak.

Volgens TUN se sekretaris-generaal, mnr. Mahongora Kavihuha, is dit wanneer die meeste besighede oraloor die land met hul werksaamhede begin.

“In byna die hele Namibië, buiten skole met koshuise, word die meerderheid leerlinge deur hul ouers by hul onderskeie skole afgelaai voordat hulle om 08:00 by die werk inval,” het Kavihuha in 'n verklaring gesê.

Volgens hom beteken dit leerlinge word tot 'n uur voor die tyd afgelaai waar hulle op die skoolterrein “wegkwyn in 'n koue, ongenaakbare omgewing” voordat hulle 'n klaskamer kan binnegaan.

Afgesien van die koue is daar volgens Kavihuha boonop kattekwaad wat leerlinge sonder enige toesig op die skoolterrein kan aanvang.

Hy het voorts gesê die beweerde ministeriële plan om skole eers om 08:00 in die winter te laat begin, moet in sy “embriostadium” reeds verwerp word.



'Junie donkerste maand'

Kavihuha het verwys na die kwartaalstelsel wat voor die huidige termynstelsel in gebruik was as 'n moontlike oplossing vir kinders wat in die winter in die donker en koue skool toe moet stap.

“In Junie, die koudste en donkerste maand op die skoolkalender, was dit skoolvakansie.”

'n Voorstel van TUN is dat skole rondom 21 Maart en Paasnaweek vir die eerste kwartaal sluit, terwyl die tweede kwartaal teen die tweede week van Junie sluit en in die eerste week van Julie heropen.

“Die eerste twee weke van Junie kan gebruik word vir eksamens wat om 08:00 begin en teen 13:00 eindig.”

Volgens Kavihuha is Junie ook die maand waartydens die meeste tersiêre eksamens afgelê word en onderwysers wat studeer, studieverlof neem.

Volgens TUN sal die terugkeer na 'n kwartaalstelsel geensins meer “skandalig” wees as die ekstra koste wat met die “verpligte vrywillige bydraes tot skoolfooie” gepaardgaan, wat ouers indirek dwing om te betaal vir gratis onderwys in Namibië nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!