Unieke Kerskrans naby Koës
Die bekende boer en stoetteler Anette Steyn van Goreis naby Koës is ’n vrou van vele talente. Sy en haar span was besig om voerbakke vir die skape uit vervoerbande te maak, toe hulle besluit het om sommer ook dié unieke adventskrans te maak. Die groengeverfde trekkerband met sy keurige tooisels uit vervoerband, pryk nou by Goreis se ingang. "Dankie aan my span wat so geesdriftig gehelp het. Mag almal wat verby ry ons seënwense ervaar," skryf sy op Facebook. Hulle is (van links) Lukas Maerman, Willem van Koller en Piet Pieters. Republikein wens sy gewaardeerde lesers en kliënte 'n geseënde, veilige Kersfees en voorspoedige Nuwejaar toe. Ons volgende uitgawe is op Dinsdag 4 Januarie 2022 op straat.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie