Unieke kunswerk vernietig
Tanja Bause - ’n Kunswerk van die gevierde Namibiese kunstenaar, wyle Koos van Ellinckhuijzen, wat vertoon is in die restaurant van die Hardapdam-ontspanningsoord, is tydens onlangse herstelwerk vernietig.
Die oord behoort aan Namibia Wildlife Resorts (NWR). Die kunswerk was van drie arende in vlug met ’n sonsondergang in die agtergrond.
“Die son se strale het ’n kollig op die kunswerk gegooi wat weer die son in die skildery uitgebring het. Die werk was uniek en enig in sy soort in Namibië,” het dr. Alphie Grobler gesê.
Grobler het tydens die herstelwerk die oord besoek om uit te vind wat met Van Ellinckhuijzen se kunswerk gaan gebeur.
Die kontrakteur, mnr. Paul de Klerk, het aan Grobler verduidelik hy is opdrag gegee om alles te sloop.
“Ek het aangebied om die werk te koop, maar mnr. De Klerk het gesê hy is kontraktueel tot die sloping verbind en geen afval mag verkoop word nie," het Grobler gesê.
Volgens De Klerk moes hy alles wat gesloop is wat onder meer teëls, vensterrame asook die kunswerk, op ’n hoop in ’n skuur by die oord bêre.
“NWR het maande ná ons die werk voltooi het, alles wat gesloop is op ’n veiling verkoop,” het hy gesê.
“Toe ek met die werk begin het, het ek probeer om die kunswerk te red en te keer dat dit verwyder word. Niemand het egter geluister nie,” het De Klerk gesê.
NWR is vir kommentaar genader. Hul woordvoerder is egter tot aanstaande maand uitstedig en is glo die enigste persoon wat ’n antwoord kan verskaf.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie