Unieke lelie van Neckartal gered
Die opvulling van die Neckartaldam het waarskynlik tot die uitwissing van 'n unieke lelieplant gelei, wat onlangs nuut ontdek is en dalk nêrens anders in die wêreld voorkom nie.
Elvira Hattingh
Terwyl groot opgewondenheid geheers het toe die nuutgeboude Neckartaldam vir die eerste keer volgeraak het, kan die gebeurtenis tot die totale uitwissing van ‘n nuut ontdekte lelie gelei het.
Vóór die bou van die dam, was wetenskaplikes nie bewus van die bestaan van dié plantjie nie, wat volgens bestaande data nêrens anders in die wêreld groei nie.
Die Nasionale Botaniese Navorsingsinstituut (NBRI) het soveel moontlik van die “Neckartal-lelies” gered voor die water die plekke oorstroom het waar hulle gegroei het. Tog is hulle nie seker of die plant, wat nou slegs in botaniese tuine aangehou word, sal oorleef nie.
ONGEWOON
Volgens ‘n artikel deur Stephen Carr en Coleen Mannheimer is Gladiolus diluvialis 'n beskeie lelieagtige plantjie met 'n klein, bolvormige knol onder die grond.
Dis ongewoon omdat dit gedurende die droë winterseisoen blom en in hiper-sout gronde groei, waar ander Gladiolus-spesies sukkel om te oorleef.
Die plant is aanvanklik in 2010 ontdek toe Warren McClelland dit by die Ururusis-fontein in die Visrivier, suid van Snyfontein, gevind het. McClelland het die plant vir die bekende plaaslike botanis Coleen Mannheimer gewys, wat dit dadelik as iets nuuts herken het en foto’s na dr. John Manning van die Compton Herbarium in die Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuin in Kaapstad gestuur het.
Manning, ‘n kenner van die Iridaceae-plante het gesê dis waarskynlik ‘n nuwe spesie en familie van die Gladiolus-genus van plante.
Hy, Mannheimer en nog twee lede van die NBRI het in Augustus 2010 die lelies gevind waar dit in erge soutagtige grond suid van Snyfontein groei.
‘n Jaar later het Manning en nog ‘n kenner Peter Goldblatt uit Amerika se Missouri Botaniese Tuin bevestig dis ‘n nuwe spesie en dit Gladiolus diluvialis gedoop, wat beteken “vloed” of om “weg te spoel”. Dit dui op die bedreiging wat die nuut ontdekte plant in die gesig gestaar het.
Ongeag ‘n reuse-soektog met behulp van satelliete binne 100 km-radius van Ururusis, is die plant net op twee plekke gevind. Die wetenskaplikes het sowat 80 knolle versamel. Teen 2019 is ‘n langtermyn-bewaringstrategie vir die plant ontwikkel en die ministerie van landbou, water en grondhervorming het die strategie goedgekeur.
Wetenskaplikes het een kans gehad om soveel as moontlik plante te red voor Neckartal vol was.
Hulle het onder baie moeilike omstandighede meer as 2 000 plantjies gered en na die nasionale botaniese tuin geneem. Intussen het die dam vroeg vanjaar heeltemal opgevul en na verwagting sou geen van die lelies oorleef het nie.
LANGTERMYNBEWARING
Ter wille van die bewaring van die spesie, is sowat 50 plante aan die Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuin in Suid-Afrika gelewer, waar hulle nou deel van ‘n wêreldbekende bolplantversameling uitmaak.
Die ander word in ‘n kwekery by die NBGN aangehou en alhoewel dit seisoenale groei toon, het geeneen van die plante tot dusver sade gevorm of geblom nie. Dit bekommer die wetenskaplikes, wat sê indien die plante nie saad produseer nie, sal dit hul toekoms en die verplanting daarna in nuwe gebiede ernstig belemmer.
Om die oorlewing van die plant aan te help, sal die NBGN met behulp van Botaniese Tuinbewaring Internasionaal ‘n permanente bedding vir die plante bou, met die hoop dat dit blomme en saadproduksie sal aanhelp.
Tot dusver is dit nie bekend of dit nuttige gebruike vir mens of dier het nie en dit is nie so “pronkerig” om in tuine aangehou te word nie – die plant is dus alleen afhanklik van bewaringspogings. Enige persone wat van ander gebiede weet waar die plantjie voorkom, kan die wetenskaplikes by 061 202 2012 of [email protected] kontak. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie