Unieke ontwerpe uit Covid-nood gebore
Leerhandsakke, sokkies met komiese temas en eenmalige kledingstukke is wat Elzane se besighede anders maak.
Tanja Bause – “Covid-19 is 'n baie interessante tyd, want mense is gedwing om buite die boks te dink. Mense het nie meer geld vir luukse items gehad nie en ek het besef ek moes enigiets en iets van alles doen om te kan oorleef,” sê Elzane Ludeke (29), stigter van Amâna Design, Zany Soxx en medestigter van Lex & Ludeke.
Elzane is in Windhoek gebore en het op 'n nabygeleë plaas grootgeword.
“Ek onthou ek het as kind al van hakskoene gehou en altyd in die huis met my ma se skoene aan rondgeloop. Ek het selfs een slag neergeslaan en my arm gebreek van hakskoene wil dra.
“Ek was ook mal oor mode en het van kleins af prente van rokke geteken.
“In graad 6 het ek geweet ek wil 'n modeontwerper wees. Ek het dit nog altyd geweet en nooit daaraan getwyfel dat dit is wat ek wil doen nie,” het sy gesê.
Haar mense op die plaas het egter altyd gedink sy sal 'n veearts word, voeg sy by.
“Ek het hulle verras en iets heel anders gaan studeer. Ek het in Stellenbosch modeontwerp gaan studeer en in leerwerk gespesialiseer. Ek het in Kaapstad by Cape Cobra Leathercraft 'n internskap gedoen en hulle het vir my werk aangebied. Dis waar my reis en fassinering met eksotiese leer begin het.
“Ek was nog altyd gefassineerd met leer. . . Die reuk daarvan, hoe om daarmee te werk en wat jy alles daarmee kan doen.”
Sy het na Namibië teruggekeer en met die begin van 'n klein leerfabriek gehelp.
“Dit was op 'n baie klein skaal en ek het gehelp om die mense op te lei en te bemagtig. Ek glo as jy die nodige vaardighede het, kan jy die leerwerk ook by jou huis doen, veral as jy handsteke gebruik.”
AMâNA
In 2018 het sy besluit om haar eie besigheid met haar eie ontwerpe te begin en so is Amâna Design gebore.
“Amâna beteken waarheidsgetrou in Damara. Ek het op die naam besluit omdat ek waarheidsgetrou aan myself wil wees. Die modewêreld kan so 'n pretensieuse valse bedryf wees, maar dit hoef nie so te wees nie. Ek wil hê mense moet presies wees wat hulle is. Hulle moet iets koop omdat hulle daarvan hou en dit wil hè.
“Amâna is my eersgeborene, my baba. Ek is nou besig om die tweede reeks handsakke te ontwerp.”
Volgens Elzane bestaan daar reeds talle handgestikte handelsmerke in Namibië. Sy haal haar hoed af vir dié kuns, omdat dit baie lank vat om 'n handsak met die hand te stik.
“Ek het besluit om my handsakke met 'n masjien te maak, omdat ek dit so geleer het en daaraan gewoond was. Ek is mal oor die volmaaktheid en absolute foutlose en naatlose ontwerpe wat die masjien my gee.
“Ek ontwerp die handsak en skep die eerste een self om seker te maak dit is presies soos ek dit wil hê. Dan doen ek die tegniese tekeninge en stuur dit vir my vervaardiger.
“Hulle doen weer 'n steekproef en so vorder die proses totdat ek tevrede is. Dit kan tussen ses maande en 'n jaar duur.
“Ek weet dis 'n lang proses, maar dit is wat ek vir die voorkoms en gevoel van Amâna wou hê.”
Tydens haar tyd by Cape Cobra het sy ook met eksotiese leer soos krokodil en luislang gewerk.
“Die estetiese luukse gevoel van die leer, waarvan luislang my gunsteling is, wou ek graag behou, maar dit is ontsettend duur. My produkte word van 100% beesleer gemaak, met 'n afdruk van 'n luislang of 'n reliëf van 'n krokodil daarop.”
Al haar handsakke word na indrukwekkende vroue in Elzane se lewe vernoem.
“Hierdie vroue het 'n unieke en beduidende impak op my lewe gemaak, en ek wou hulle dus individueel met my ontwerpe verteenwoordig.
“Elke ontwerp weerspieël 'n sekere element wat ek met die betrokke naamgenoot geassosieer het. Maggie is kort vir Margaret, my ma. Carla, is 'n baie goeie vriendin van my wat vanaf Pretoria afkomstig is.
“Alexandra is 'n vriendin met wie ek 'n buitengewone band deel. Jeanne is my oudste vriendin en ons het in die laerskool ontmoet en Luna is my tannie aan my pa se kant.”
Volgens Elzane is Covid-19 en die tyd waarin ons nou lewe baie interessant.
“Mense het opgehou om geld op luukse produkte uit te gee. Covid-19 het ons in 'n hoek gedryf met nêrens heen om te gaan nie.
“Ek was met my rug teen die muur gedwing om te sit met my tekeninge en my gedagtes. Ek moes buite die boks begin dink.”
ZANY SOXX
Twee jaar tevore het sy 100% sysokkies met komiese en vrolike patrone op gesien en gedink dit is wat sy nodig het.
“Ek wou die sokkie met hakskoene aantrek, maar mens kan hulle met enige skoen aantrek. Toe ek buite die boks moes begin dink, het ek weer aan die sokkie-idee gedink en Zany Soxx is gebore. Dis die komiese kant van my en Amâna is my ernstige kant.”
Sy het 100 pare van die sokkies ingevoer. In die toekoms sal sy ook haar eie Namibiese ontwerpe op die sokkies laat borduur.
“Daar is 'n ongelooflike hoë minimum wat mens moet bestel as jy jou eie ontwerp op die sokkies wil laat borduur en ek het nie op die oomblik die kontantvloei nie.
“Dis hoekom ek vir die begin nou eers die bestaande ontwerpe aangekoop het.”
LEX & LUDEKE
Nadat Elzane haar Zany Soxx in September op die been gebring het, het sy en 'n sakevennoot in Oktober ook met 'n klerereeks begin.
Elzane en Alex Agenbach se klerereeks was baie gewild tydens die MTC Windhoek Fashion Week in Desember.
“Hierdie klere is weer aan die luukse kant. Dis 'n klerereeks wat fokus op die eenmalige klerestuk met baie fyn, gedetailleerde borduurwerk en juwele. Lex & Ludeke is soos Amâna eksklusief en luuks.”
Alhoewel Lex & Ludeke eenmalige kledingstukke ontwerp, skep hulle vir kontantvloei ook ander ontwerpe waarvan meer gemaak kan word – alles steeds van hoëgehalte materiaal gemaak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie