United en Welwitschias maklike prooi

Die lae kolftotale vir die twee tuisspanne het hulle lammers ter slagting gemaak.
Tielman van Lill
Tielman van Lill



Die eerste twee 50-boulbeurt premierligawedstryde in die tweede ronde van Krieket Namibië se 2019-'20-seisoen is Saterdagoggend in Windhoek en op Walvisbaai afgehandel.

In Windhoek het WHS Old Boys vir Trustco United op Gemsbokpark in Olympia in 'n eensydige kragmeting met tien paaltjies geklop.

By die Sparta-sportklub by die kus het Samsung FNB Wanderers se oorwinning met nege paaltjies ewe gemaklik teen die voorloper, MR24/7 Welwitschias gekom.

United wat die loot gewen en eerste gekolf het, kon net 96 lopies almal uit (se viere, een ses) in 28.2 boulbeurte bymekaar skraap, waarna Old Boys met 98 sonder verlies (8x4, 6x6) in net 8.4 bb geantwoord het.

Die 96 het 30 ekstras ingesluit waaronder 22 wydlopers en vyf foutballe getel het. Sulke ongedissiplineerde boulwerk kan selfs die uiteindelike wenspan WHS nie juis bekostig nie.

United se topkolwers was Hendrik van der Walt (16 lopies), Darren van Dyk (16) en Dewald Nell (14), die enigstes wat dubbelsyfers kon aanteken.

Van der Walt teken sy 16 van 50 aflewerings aan (2x4, gevang Riaan Minnie, geboul Gerhard Erasmus), terwyl Van Dyk sy 16 (1x4, 1x6, gevang Tangeni Lungameni, geboul Gerhard Thirion) van 26 balle slaan. Nell (2x4) op nommer nege probeer vir oulaas vir Erasmus aanvat, maar word ook deur Minnie uitgevang.

Tino Chiwara (0), Wian van Vuuren (1), Danie van Schoor (0), Nyashadzaishe Nyasha (8*), Melt van Schoor (1), Henry Heyns (2), Jan-Ivan van Dyk (3), Wouter Venter (5) sukkel op 'n moeilike kolfblad wat vol streke was.

Vir Old Boys slaan Gerhard Erasmus in 8 boulbeurte toe om 3/20 teen 2.5 te vat, terwyl Gerhard Thirion in 4 bb met 3/19 ewe dodelik was. Minnie (6 bb, 2/13) benut ook twee vangkanse, maar Melrich Robyn is met 1.7 (1/4 in 2.2 bb) die mees ekonomiese bouler.

Vir Old Boys se oorwinning benodig hy slegs die bydraes van Zane Green (56*, 27 b, 5x4, 4x6) en Wimpie Viljoen (34* van 26 b, 3x4, 2x6) om sy eerste sege vir 2020 te behaal.



WANDERERS VERNIEL

WELWITSCHIAS

Die gasheerkaptein voorspel die opskiet van die munt korrek en besluit om eerste te kolf, maar sy span word vir 73 in 37 boulbeurte ontnugter. Die Welwitschias se nederige poging sluit net twee viere en twee sesse in.

Die aanvangskolwer Scott Winborn (18 van 34 b, 1x4, 1x6, been voor paaltjie Bernard Scholtz) en Nian Grobler op nommer drie (16 van 50 b, 1x4, 1x6, gevang Nicolaas Scholtz, geboul Karl Birkenstock) is uiteindelik die kusspan se beste kolwers.

Lauritz Haccou (1), Gerrie Snyman (8), Matthew de Gouveia (4), Shalako Groenewald (2), Reynard van Zyl (1), Ettienne Beukes (0), Mauritius Ngupita (0), Herman Karsten (3) en Matthew Stander (1*) lewe swaar onder die aanslag van die Wit Hingste se boulaanval.

Vir Wanderers maai Jan Frylinck (4/14 in 10 bb), Karl Birkenstock (3/13 in 8 bb), JJ Smit (2/17 in 7 bb) en Bernard Scholtz (1/18 in 5 bb) onder die Welwitschia-kolwers.

Die Windhoekers se aanvangskolwer JC Balt (6, 22 b, uitgehardloop deur Reynard van Zyl) is die besoekers se enigste kolwer wat uitgehaal word.

Wessel Myburgh (23* van 32 b, 1x4, 1x6) en Michau du Preez (32* van 17 b, 2x4, 3x6) wend die wilgerlat kwistig aan om Wanderers se wentelling op 74/1 te bereik.

• Twee wedstryde is vir komende Saterdag geskeduleer, naamlik CCD Tigers teen die Welwitchias by CCD, asook WHS Old Boys teen Wanderers by die WHS-veld.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-10-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 0 vs 1 Liverpool LaLiga: Espanyol 2 vs 1 Mallorca | Leganés 0 vs 0 Valencia SerieA: Hellas Verona 2 vs 1 Venezia | Napoli 3 vs 1 Como European Championships Qualifying: Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Sunderland 2 vs 2 Leeds United | Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford English Championship: Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Sunderland 2 vs 2 Leeds United | Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford #N/A Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.17 Down -0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14167.03 Up +0.09% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 653.84/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.54/lb UP +0.38% | Zinc US$ 3 189.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 78.66/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 988.89/OZ DOWN -0.0035 #N/A