UPM wil Baster-grondeis instel
Die politieke party op Rehoboth doen ’n beroep op Namibiërs om vir die komende verkiesing te registreer.
Die United People’s Movement (UPM) het bevestig pogings is aangewend om ’n grondeis in te stel vir grond wat tydens die Duitse, Suid-Afrikaanse en Swapo-regering van die Rehoboth Basters afgeneem is.
“Die UPM het die Baster-kaptein gehelp om inligting oor die grondkwessie te kry en die eis in te stel,” lui ’n mediaverklaring van die UPM ná hul openbare vergadering die naweek in die Kaptein Hermanus van Wyk-gedenksaal op Rehoboth.
“Na verwagting sal die kaptein lede van die Rehoboth Baster Gemeente (RBG) binnekort oor die grondeis inlig,” lui die verklaring.
“Hoewel die vergadering nie goed bygewoon is nie, is die boodskap duidelik: Laat ons verenig om ’n toekoms vir ons kinders en kleinkinders te verseker,” sê die hoofsprekers, die UPM-president, mnr. Piet Junius, en die party se visepresident, mnr. Jan van Wyk.
Die UPM het ook beweringe verwerp dat die party “niks” doen nie.
“Hoewel die party net een setel in die parlement het, het dit tot verskeie wetsontwerpe bygedra wat die lewens van Namibiërs, insluitende minderheidsgroepe soos die Rehoboth Basters, beïnvloed,” sê Van Wyk.
“Die UPM kan nie ontwikkeling vir Rehoboth bring as hy nie mag op die dorp het nie, maar hy het ’n belangrike rol as waghond teen korrupsie gespeel met raadslede wat geskors is.”
Die UPM sê die bewyse van korrupsie teen die dorspraad se Swapo-raadslede is in ’n 74 bladsy lange verslag vervat.
“’n Paar maande gelede het die NamPower-rekening op N$99 miljoen gestaan, maar die Rehoboth-dorspraad kon dié hoë rekening nie verduidelik nie.
“Die UPM het weer eens die parlementêre platform gebruik om dié inligting te kry. In die minister se antwoorde op 20 Junie is erken Rehoboth-inwoners ly onder korrupte elemente in die Rehoboth-dorpsraad,” lui die verklaring.
“Die minister het in sy terugvoering aangedui die mense koop byvoorbeeld elektrisiteit vir N$600, maar in plaas daarvan ontvang hulle N$6 000 se eenhede.”
Volgens die UPM het die party die afgelope vier jaar as deel van hul maatskaplike verantwoordelikheid drie universiteitstudente finansieel ondersteun, en vyf studente is gehelp om hul studies aan Namcol voort te sit.
“Werk is aan 17 mense in die land verskaf en binnekort sal nog mense aangestel word, afhangende van die finansiële hulpbronne beskikbaar.”
Die UPM het verlede week ook vleis aan twee sopkombuise op Rehoboth geskenk en die party se president het sy ontevredeneheid uitgespreek oor die beskikbaarheid van droogtehulp aan boere.
“Ondanks erge verliese wat boere gely het, het die regering voete met hulpverlening gesleep. Die UPM het op 6 Februarie reeds die regering aangeraai om die droogte tot noodtoestand te verklaar.”
Junius het die moontlikheid benadruk om met ander politieke partye tydens die komende en toekomstige verkiesings saam te werk.
Hy het ’n beroep op kiesers gedoen om tydens die registrasieproses tot 27 Julie te registreer en op 27 November te gaan stem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie