Uraanmyn op Tumas vorder
Deep Yellow maak vordering met sy beplanning vir 'n multi-oopgroefuraanmyn in die Namibwoestyn.
Augetto Graig
Sedert Februarie is meer as 800 boorgate vir eksplorasie op die vlaktes en die verlate heuwels van Tumas, in die woestyn agter Swakopmund en Walvisbaai geboor. Van die boorgate het 'n diepte van sowat 15 000 meter.
Die hoofdoelwit van die boorprojek is om die grootte van die uraanbron te bepaal om 'n finale lewensvatbaarheidstudie te voltooi.
“Tumas is 'n opwindende ontwikkelingsgeleentheid en een van baie min wêreldwyd wat gedurende die afgelope ses jaar gevorder het van eksplorasie tot die voltooiing van 'n voorlopige lewensvatbaarheidstudie, wat nou na 'n finale lewensvatbaarheidstudie sal oorgaan,” sê die Namibiese Kamer van Mynwese.
Deep Yellow se Reptile Uranium is op Swakopmund gebaseer en beoog om 'n multi-oopgroefuraanmyn te bou.
In 'n verklaring op 8 Junie het Deep Yellow gesê daar was toe reeds 359 boorgate oor 7,6 km by hul Tumas Sentraal (EPL3496)-eksplorasiegebied voltooi, en altesaam 804 oor 14,6 km sedert Februarie 2021.
SAKEPLAN VIR 20 JAAR
In 48% van die boorgate was genoeg konsentrasie van eU3O8 om dié hulpbron se teenwoordigheid te bevestig.
Booraktiwiteite gaan nou by die Tumas Wes 3-gebied voort en 'n hersiene mineraalbronskatting word voor die einde van vandeesmaand verwag. Drie boorinstallasies word vir dié aktiwiteite ingespan.
Volgens Deep Yellow is die hoofdoel om 'n sakeplan vir 'n 20 jaar lewensduur vir die beplande myn voor te lê, langer as die verwagte 11 en 'n half jaar wat die voorlopige lewensvatbaarheidstudie getoon het.
Die besturende direkteur en uitvoerende hoof van Deep Yellow, mnr. John Borshoff, is 'n kenner in die uraanmynbousektor en is veral bekend vir sy bydrae tot die sukses van die Langer Heinrich-uraanmyn. Hy is op rekord geplaas met sy vooruitskatting dat die wêreld teen 2023 'n tekort aan uraanvoorrade sal ervaar.
Hy glo die voortdurende daling van die internasionale uraanprys het die uraanmynbousektor so verswak dat daar nie aan groeiende aanvraag voldoen kan word nie.
Die groeiende aanvraag van uraan om kernkrag mee op te wek, word beklemtoon deur die herstel en bou van meer kernkragstasies wêreldwyd.
Japan se Kansai Electric Power maatskappy het volgens Reuters Woensdag (23 Junie) sy nommer 3 reaktor aangeskakel.
Die 826 MW reaktor is die oudste om weer in gebruik geneem te word sedert die 2011 Fukushima-ramp, en die instelling van nuwe gepaardgaande maatreëls.
Japan het nou weer agt operasionele kernkragstasies uit 'n totaal van 34 wat almal ná die ramp afgeskakel is.
Deep Yellow is reeds sedert 2016 in vennootskap met die Japannese regering se mynbou-agentskap, JOGMEC, om die nabygeleë NOVA JV-projek op EPL 3670 te verken.
Wêreldwyd was daar op 20 Mei 443 kernkragaanlegte in 30 lande operasioneel volgens statista.com, terwyl die World Nuclear Association sê nog sowat 50 word gebou, met die grootste aanleg in Finland.
Die wêreldmarkprys van uraan hou aan om te herstel nadat dit vanaf 2008 skerp gedaal het, en spekuleerders verhandel baie aandele in uraanmaatskappye.
Die internasionale kontantprys (spot price) vir uraan is tans sowat US$32 per pond. Deep Yellow het aangedui dat produksie kan begin wanneer die uraanprys US$65 per pond bereik.
In Februarie het Deep Yellow 'n geldinsameling gehou en ongeveer N$438,5 miljoen ingevorder deur 62,7 miljoen aandele te verkoop.
Die geld sal vir die voltooiing van Tumas se finale lewensvatbaarheidstudie en verdere eksplorasie van die nabygeleë Reptile- en Nova-projekte aangewend word, het Borshoff gesê.
“Dit is die moeite werd om te herhaal dat hierdie uiters suksesvolle geldinsameling die maatskappy in 'n sterk finansiële posisie plaas.
“Dit stel ons beter in staat om die verskeie potensieel winsgewende aktiwiteite wat ons oorweeg tot uitvoering te bring," het Borshoff in Februarie in 'n vrystelling gesê.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie